Jou huwelik kan vol passie, pret en opwinding wees… as daar nie omgee, liefde, kameraderie en onselfsugtigheid heers nie, help die vonk julle net mooi niks. Navorsing toon dat deernis teenoor jou maat belonend kan wees vir jouself en jou maat. Vandeesmaand kyk ons na die waarde van ‘n sagte gees en deernis teenoor jou maat en hoe julle ander paartjies om julle kan inspireer deur. Werk met jou maat soos met jou kosbaarste geskenk. Dit is immers wie sy/hy vir jou is…
Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. 1 Petrus 3:8
“Omgee, nie passie nie, laat jou huwelik hou.” Betty Wright