Om te trou is nie perdekoop nie. Dit verg dapperheid, ‘n brawe gemoed en die wil om deur die weermag te breek om by jou doelwit uit te kom. Daar is afgode, daar is affairs, daar is verslawings en die pad na glorie is beslis nie maklik nie. Maar as jy dapper die stryd kan aandurf, jouself kan uitdaag, jou vrese kan konfronteer en uit jou gemaksone klim, is die beloning aan die ander kant soveel groter as wat jy jouself ooit kan voorstel…
Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. Josua 1:9
“Die ding van dapper wees is dat die nie sonder vrees of seerkry kom nie. Dapperheid vra dat jy vrees en seer in die oë kyk en sê, gaan weg, julle is in my pad.” – Melissa Tumino
KLIEK HIER vir meer artikels oor dapperheid in die huwelik!