Jy preek dit gereeld: Vir jou vriendin wat vragte merk-werk huistoe neem. Vir manlief wat soms een biertjie te veel afsluk. Vir jou kinders wat veel eerder die Smarties as die tamaties kies… Balans is NB!

Promosie

Jy lê graag in ‘n bederf-bad wat Cleopatra sou jaloers maak! Jy weet – dié soort wat deurdrenk is met gegeurde olie, groot borrels, badsout wat soos weelde ruik… met musiek in die agtergrond en ‘n blok sjokolade byderhand. En ja, jy gun jouself dit, want jy het hard gewerk vandag en alles gaan oor balans. Jy verdien dié outjie! Maar het jy geweet dat jou onskuldige soeke na balans, juis wanbalans kan veroorsaak?

‘n Vrou se normale vaginale pH is tussen 3.8  en 4.5. Dit hang grootliks van jou ouderdom af, maar oor die algemeen bevat ‘n vrou se vagina ryk hoeveelhede voordelige bakterieë wat help om infeksies teen te werk. ‘n Gesonde vagina vervaardig natuurlike smeermiddel en ook ‘n klein hoeveelheid afskeiding. Dis heeltemal normaal! Maar as jy agterkom iets wat sake daar onder aan betref ruik nie lekker nie (‘n onaangename reuk), iets lyk nie lekker nie (‘n grys-wit, klonterige afskeiding) en iets voel nie lekker nie (‘n gejeuk of ‘n gebrand), moet jy ondersoek instel, daar is waarskynlik ‘n wanbalans.

Wat veroorsaak ‘n verandering in die pH en ‘n wanbalans in die delikate vaginale ekosisteem?

Promosie
  • Jou maandstonde: Menstruele bloed het ‘n pH van 7.4
  • Onbeskermde seks: Semen is alkalies en kan die groei van sekere bakterieë aanhits
  • Antibiotika: Ongelukkig maak dié medikasie nie nét die slegte bakterieë dood nie…
  • Jou dieet: Sekere keuses in jou dieet kan die pH van jou urine verander
  • Jou badprodukte: Gewone seep en stort-jel se pH-vlakke varieer tussen 5.5 en 9/10!

Hoe hou jy dinge in balans?

  1. Handhaaf ‘n gesonde dieet: Yogurt kan help om gis-infeksies te voorkom omdat dit ryk is in probiotika (veral Griekse jogurt). As jy dus geneig is tot gis-infeksies kan ‘n probiotika óf Griekse jogurt daagliks help om dit te voorkom. ‘n Daaglikse bosbessie-aanvulling kan ook hiermee help. Vermy kossoorte ryk in stysel of suiker – veral wanneer jy antibiotika gebruik.
  2. Gebruik gegeurde badprodukte spaarsamig (en vermy produkte met skadelike chemikaliee soos parabene op die intieme areas aangesien dit dié dele kan uitdroog). Wanneer jy menstrueer, moet jy eerder nie meer as een keer per dag was nie maar maak seker jy ruil gereeld jou doekie of tampon. As jy dit te lank te los, kan jou vaginale pH verhoog, wat kan lei tot potensiële infeksies.
  3. As jy geoefen het raak so gou moontlik ontslae van jou klam onderklere. Sweet in jou onderklere kan ook lei tot die opbou van slegte bakterieë.
  4. Gebruik ‘n produk soos BetadineTM Daily Intimate Care, wat ‘n unieke Tri-Care+ formule gekombineerd met prebiotika bevat. Dié reeks is spesifiek vir hierdie sensitiewe area geformuleer en bestaan uit ‘n was, skuim en afvee-lappies wat jou daagliks beskerm teen ongewensde simptome en jou pH-balans beskerm.

So, volgende keer wanneer jy weer jou standaard preek wil afsteek, maak seker jy hou self by die pH-reëls vir balans!

Besoek gerus betadine.co.za/intimate-care vir meer inligting oor die BETADINE™ Daily Intimate Care –  Natuurlike intieme sorg vir daaglikse varsheid en selfvertroue!

Artikel deur Annelize Steyn