Dis wonderlik om bewonder te word. En dit is wonderlik om iemand aan jou sy te he wie jy kan bewonder! Wanneer ons aanvanklik na iemand aangetrek word, is die aantrekking fisiek of oppervlakkig, maar hoe langer ‘n mens daardie persoon ken, hoe liewer word jy vir die klein innerlike details wat van hom/haar die unieke wese gemaak het met wie jy ‘n lewe deel. Waardeer jou maat se uniekhede en wys hom/haar van voor af dat jy absoluut versot is op sy/haar hart.

“… maar wanneer jy van iemand hou. is dit oor die detail… die kyk in hul oë, hul glimlag… en die feit dat daardie persoon jou kan laat lag wanneer jy dit die nodigste het. Wanneer jy verlief raak op iemand, sal jy altyd ‘n rede vind om te glo hierdie persoon is perfek vir jou.” Leonardo DiCaprio

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 1 Korintiërs 13:4-7

MAAK SEKER JOU HUWELIK IS VOL BEWONDERING… KLIEK HIER VIR HIERDIE MAAND SE ARTIKELS