Wees KREATIEF en strooi jou huwelik vol magic en oorspronklike idees wat jou huwelik epic sal maak!

Vergeet die rooi rose en sjokolade. Danksy wonderlike bronne soos Pinterest het jy geen verskoning meer om nie jou huwelik opwindend te hou met kreatiwiteit, oorspronklike idees, misterie en glitter nie! Skep ‘n huwelik wat jou maat opgewonde gaan maak en na sy/haar asem sal laat snak. Een van die grootste oorsake van affairs en egskeidings is verveling. Die beste teenvoeter hiervoor is kreatiwiteit. Met kreatitwiteit skep jy ‘n ring van blinkers (lees: toonkrul-opwinding) om jou huwelik wat verveling verban! Hou jou huwelik vol lekkerte met kreatiewe idees en denke en sorg só dat ongewensde gaste buite bly.

“Verbeelding is die ware vlieënde tapyt” – Norman Vincent Peale

“Wie dink ek is ek? Ek sal jou vertel wie ek is: Ek is ‘n kind van God. Net soos enigiemand anders. Ek is ‘n samestelling van hierdie heelal. Ek het ‘n reg om met kreatiwiteit om te gaan. Want ek self is ‘n produk en ‘n gevolg van skepping.”- Elizabeth Gilbert

Promosie

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
Romeine 12:2

KLIEK HIER VIR DIE ARTIKELS WAT JOU SAL HELP OM WEER KREATIEF IN JOU HUWELIK TE WEES!