Sowat 360 Suid-Afrikaners word daagliks deur beroerte geaffekteer. Oktober is Beroerte Bewustheidsmaand. Maak seker jy hou jou maat fyn dop…
Jou maat is die een met wie jy ‘n huis en ‘n hart deel… daarom is dit ook jy wat heel eerste sal agterkom indien iets nie pluis is nie. Beroerte is ‘n mediese noodgeval en een derde van mense wat ‘n beroerte kry, sal sterf. ‘n Kwart sal ‘n lewenslange gestremdheid hê. Vandeesmaand mobiliseer die Angels Inisiatief en die Heart and Stroke Foundation South Africa gesondheidsinstellings en diensverskaffers, oorwinnaar-ondersteuningsgroepe en ander vennote om algemene bewustheid rakende beroerte te skep en ook inligting te voorsien oor hoe die negatiewe gevolge van die toestand versag kan word.
‘n Beroerte is in wese ‘n brein-aanval. Bloed- en suurstoftoevoer na die brein word afgesny as gevolg van ‘n blokkasie of skade aan ‘n aar in die brein. Die breinselle sterf af en dit kan tot dood of gestremdheid lei. “Baie faktore kompliseer Suid-Afrika se reaksie op beroerte,” meen Professor Pamela Naidoo, die uitvoerende direkteur van die Heart and Stroke Foundation: “Hoë bloeddruk, rook, ‘n dieet ryk in olierige kos en suiker-drankies en onvoldoende oefening beskryf die lewenstyl van té veel Suid-Afrikaners – en dit maak ons meer geneig tot beroerte.” Wanneer ‘n beroerte wel voorkom, en die pasiënt is nie bewus van simptome nie, word die kanse op oorlewing en herstel verlaar. Ook as daar mediese hulp nie vinnig genoeg bekom kan word nie.
Die Angels Inisiatief is verlede jaar deur Boehringer Ingelheim bekendgestel. Eerstens om beroerte bewusmaking en opvoeding oor diverse gemeenskappe te skep sodat die groter bevolking heirmee bereik kan word. En tweedens om die beste praktiese riglyne, onderrig en gereedskap te kry om die gereedheid en gehalte van beroerte-voorbereidheid en sorg in Suid-Afrika se hospitale te standardiseer. Dr Shanil Naidoo, mediese Direkteur van Boehringer Ingelheim, Suid-Afrika, sê: “Baie beroerte-pasiënte kan gered word en voortgaan met hul lewens, gevrywaar van gestremdheid, as hulle behoorlike sorg in ‘n beroerte-gereed fasiliteit kry.”
Die Oktober bewustheidsveldtog verlig eenvoudige feite wat talle lewens kan red. Baie beroertes kan omgekeer word as bloedvloei na die brein herstel word voor die breinweefsel afsterf. Daarom is dit belangrik om die FAST toets te ken, sodat jy maklik moontlike beroerte-simptome by jou maat kan herken en hom of haar so gou moontlik by ‘n noodeenheid kan besorg. Beroerte veroorsaak altyd breinskade, die graad hiervan hang af van die erns van die beroerte en hoe vinnig behandeling voorkom. As dit deur ‘n blokkasie veroorsaak word, kan medikasie of ‘n klein instrument die klont oplos of verwyder. As dit deur bloeding veroorsaak word, kan die beskadigde aar sjirurgies herstel of versterk word om die bloeding stop te sit. Soms kan volgehoue fisioterapie en arbeidsterapie help om die gestremdheid wat deur die breinskade veroorsaak is, te beperk.
Voorkoming is natuurlik altyd beter as nasorg en jy ken die risikos van hoe bloeddruk, rook, oorgewig onaktiwiteit en diabetes. Weet jy egter wat atriale fibrillasie is? Hartkloppings of ongereelde hartklop moet professionele aandag geniet.
Doen die FAST toets
GESIG (Face): Laat jou maat glimlag of sy/haar tande wys – hang die een kant van die gesig?
ARMS: Laat jou maat beide arms oplig. Neig een arm afwaarts?
SPRAAK: Laat jou maat ‘n sin herhaal. Ervaar hy/sy moeite met spraak of begrip?
TYD: Tyd wat gespaar word, is breinfunksie wat gespaar word. Elke minuut tel, so tree vinnig op.
‘n Verskeidenheid van Sea Harvest-produkte word met trots deur die Heart and Stroke Foundation SA onderskryf as deel van ‘n gesonde eetplan en dra die gesogte Hartsmerk-logo.