Wanneer dit dáárdie tyd van die maand is, is jy gewoonlik knorrig en jy weet dit. Manlief loop deur, maar behoed hom as hy dit durf waag om jou hormone die skuld te gee!

Promosie

Die realiteit is egter dat jou hormone meer gereeld as wat jy dink die skuld (en die eer!) moet kry vir wat in jou lyf aangaan…

Vandag voel jy ‘n bietjie “blah”. En jy weet dat al wat jou gemoed ‘n hupstoot sou kon gee, ‘n besoek aan Charlie se Chocolate Factory sou wees. Almal loop deur. Die Labrador wat jou met leep-oë aanstaar tót jy jou laaste stukkie roosterbrood aan hom afstaan. Jou seun met sy dekselse krieket-talent wat weer jou hele Saterdag gaan opeis. En manlief wat dit gewaag het om jou vanoggend ‘n klappie op die boud te gee. Jy wéét dis sy manier van oggend-voorspel maar jy weet ook hy gaan teleurgesteld wees, want seks is nie op die spyskaart nie. Nie vanaand nie, nie more-oggend nie… dit is immers die laaste ding op jou brein!

Ons wil nie óók deurloop nie, maar het jy geweet jou hormone speel ‘n groter rol in jou prentjie as wat jy dink? Hormone is die chemikalieë wat deur jou organe en kliere vervaardig word en as boodskappers in jou lyf optree. Hormone soos estrogeen en progesteroon beheer heelwat van jou lyf se wonderlike funksies, soos groei en ontwikkeling, jou voortplantingstelsel en jou energievlakke.

Promosie

Jou hormonale behoeftes verander egter namate jy ouer word, met die eerste hiervan wat intree tydens puberteit, wanneer jou hormone op ‘n weeklikse basis verander. Jy word ouer en jou hormone stabiliseer en raak meer voorspelbaar (hoewel dit steeds volgens jou maand siklus aanpas).

Wanneer jy menopouse nader, verlaag jou estrogeen- en progesteroonvlakke … hallo peri-menopouse! Dit is dan wanneer dinge soos vaginale droogheid, pynlike seks, bui-wisselings en slapeloosheid jou teen die mure uitdryf.
Dit is dus nié noodwendig jou besige skedule nie, maar jou ‘boodskappertjies’ wat die oorsaak kan wees vir jou lae seksdrang en onvermoë om ‘n orgasme te bereik. Dit gebeur nie met álle vroue wat menopouse nader of reeds in hul menopouse is nie, maar jou veranderende hormone sal beslis weer unieke behoeftes tot gevolg hê.

Omdat jou testosteroon vlakke ook afneem ná die aanvang van menopouse, meen kenners dit kan bydra tot min begeerte en seksuele respons (wat veral by ouer vroue gesien kan word, hoewel dit nie noodwendig jou lot is nie). As jy menopouse bereik, dra die ekstra kilo’s, warm gloede, nagsweet en vaginale droogheid beslis nie positief by tot jou sekslewe nie…

En wanneer jou menopouse verby is, het jy weereens unieke behoeftes as ‘n senior vrou, wanneer dit belangrik is om na jou liggaam om te sien – veral na jou bene, hart en spysverteringstelsel.

Jy hoef egter nie te ly onder die heerskappy van jou hormone nie. Daar is verskeie wonderlike hulpmiddels op die mark, soos die Femolene MyLife reeks – voedings aanvullings wat spesifiek geformuleer is om te voldoen aan die veranderende eise wat jou hormone daar stel en verligting bring vir die simptome wat as gevolg daarvan ontstaan.

Besoek gerus femolenemylife.co.za vir die volledige produkreeks.

Jou vrou-wees is daar om gevier te word, in haar glorie en in elke wonderlike fase – hormone en al!

Addisionele bronne: www.femolenemylife.co.za/ www.everydayhealth.com; www.issm.info; www.foxnews.com