Hoekom is dit so moeilik om oor intieme gesondheid te praat? Selfs ons hier by INTIEM wat al vir meer as 18 jaar saam met julle kuier, kies ons woorde versigtig om hierdie sensitiewe onderwerp so mooi as moontlik aan te pak.
So lê ek gister in die bed en my man vra my wat op my agenda vir vandag is. “Ek het ‘n lekker artikel vir ‘n oulike kliënt om te skryf”, antwoord ek. “O ja?”, antwoord hy, en wil toe dadelik weet wie die oulike kliënt is. “Femoxil”, antwoord ek, en hoop die onderwerp is nou afgehandel. Maar nee, natuurlik wil hy nou weet: “Liefie, wat is Femoxil”? En daar voel ek soos ‘n matriekleerling wat ‘n mondelingse eksamen in die geskiedenisklas moet probeer deurworstel, terwyl ek voel almal sien die puisie op my ken raak… Ek probeer dit maar grapperig hou en antwoord: “Wel my skat, kom ons sê maar net as ek vir jou Femoxil sou koop, gaan jy geen plekkie hê waar jy dit kan gebruik nie!”… Ek sien die uitdrukking in sy oë raak al hoe wasiger… Hy het GEEN idee waarvan ek praat nie!
So kom ek verduidelik gou… Femoxil help jou om van daardie ongemak en gejeuk wat jy eerder nie by ‘n braaivleisvuur sou wou bespreek nie, ontslae te raak! Dis daardie geheime wapen wat intieme infeksies nie net help uitsorteer nie, maar sommer help voorkom ook! En beste van alles – dis veilig, natuurlik, en sonder ‘n voorskrif by jou naaste apteek te kry!
Moenie bekommerd wees nie – jy is nie alleen nie!
75 % van alle vroue gaan ten minste een keer in hul lewe deur ‘n intieme infeksie… en die ander 25 % jok waarskynlik daaroor! Dit is heeltemal normaal (al voel dit glad nie so nie). Femoxil is jou geheime wapen om die balans te herstel en om jou weer gemaklik en super sexy in jou mooiste onderklere te laat voel.
Mites oor Vaginale Gisinfeksies wat jou sommer baie beter gaan laat voel:
Mite 1: Gisinfeksies is altyd ‘n teken van swak higiëne.
- Nee! Vaginale gisinfeksies word veroorsaak deur ‘n wanbalans van bakterieë en gis, en kan deur hormone, medikasie of selfs stres veroorsaak word. Maak steeds seker jy sorg mooi vir jouself, maar moenie dink jy het ‘n toets gedruip as jy ‘n infeksie kry nie.
Mite 2: Jy kry net ‘n gisinfeksie van seks.
- Nee! Gisinfeksies is nie seksueel oordraagbaar nie. Alhoewel seks soms die balans van bakterieë kan versteur, kan ‘n gisinfeksie kop uitsteek (hehehe, sien jy wat ons hier gedoen het?) sonder enige seksuele aktiwiteit.
Mite 3: Gisinfeksies gaan vanself weg.
- Nee! Die meeste gisinfeksies benodig behandeling om heeltemal te verdwyn. Dit kan erger word as dit nie aangespreek word nie, so dit is beter om dit met ‘n produk soos Femoxil te behandel.
Mite 4: Alle afskeiding beteken jy het ‘n gisinfeksie.
- Nee! Nie alle afskeiding dui op ‘n gisinfeksie nie. Dit is normaal om afskeiding te hê, veral deur jou siklus. Gisinfeksies het dikwels dik, wit afskeiding, maar enige verandering in reuk of kleur moet ondersoek word.
Mite 5: Jy kan ‘n gisinfeksie kry van publieke toilette.
- Nee! Gisinfeksies word nie van oppervlaktes of toilette oorgedra nie. Die gis wat infeksies veroorsaak, leef normaalweg binne-in jou liggaam en floreer as die balans versteur word.
So, hoe gemaak as jy vermoed jy het ‘n infeksie, of indien jy seker wil maak jy loop nie daardie paadjie nie?
Maklik!
Femoxil, een van die wereld se gewildste intieme infeksie medikasies, is in Suid-Afrika beskikbaar! Femoxil word al van 2017 af regoor die wêreld verkoop, en is ook in jou plaaslike apteek beskikbaar!
Die lekkerte van Femoxil is dat dit beide VOORKOMEND en GENESEND optree, dus is dit ‘n produk wat jy 365 dae in jou handsak behoort te hê! Hoekom wag tot jy deel van die 75% statistiek is, indien jy voorkomend kan seker maak dat jou intieme gesondheid onder beheer is?
Femoxil is die maklike, diskrete antwoord en verlig die algemene simptome van infeksies soos jeukerigheid, swelling, branderigheid, pyn en selfs droogheid.
Al die bestanddele in Femoxil is 100% natuurlik! Een van die hoofbestanddele in Femoxil is aloe vera. Aloe vera het ‘n meervoudige doel: Dit beskerm en herstel, en bied so ‘n natuurlike oplossing vir intieme infeksies. Ja, alle tipe infeksies: swam, viraal of bakerieel!
Hoe gebruik ek Femoxil?
Dis makliker as om jou kombuis vol skottelgoed te kry, regtig! Femoxil is ‘n vaginale setpil – geen gesukkel met ongemaklike applikators nie. Klein en diskreet, met ‘n lekker “tea tree”-olie reuk – higienies en skoon! Plaas eenvoudig die setpil in jou vagina, net voor slaaptyd. Sit af jou bedliggie en slaap. So maklik soos dit! Femoxil doen haar werk terwyl jy lekker snoesig lê en doeks! Indien jy nie gemaklik is om ‘n pilletjie daar te gebruik nie, kan jy Femoxil ook in ‘n gelbuisie kry!
Hoekom is Femoxil so effektief ?
- Dit bied vinnige verligting van pyn, ongemak, jeuk, brand, irritasie, droogheid, rooiheid, swelling.
- Femoxil is ontwerp om die probleem op te los – dit herstel jou intieme pH en bevorder intieme higiëne.
Hoe werk Femoxil?
Die natuurlike bestanddele van Femoxil vorm ‘n beskermingslagie oor die aangetaste area en dit keer dan die swam, virale of bakteriele infeksie! Beste van alles, dit bied langdurige intieme sorg! Femoxil is veilig, en dit werk vining en uiters effektief.
Die dae van skaam fluister vir jou apteker is verby. Jy het nie ‘n voorskrif nodig nodig nie en kan bloot die pienk boksie met die blommetjie op, op die rak gaan soek. Femoxil het ook ‘n NAPPI kode, wat beteken dat jy dit wel van jou mediese fonds kan terugeis, indien jou dokter dit sou voorskryf.
Raad vir die Pad Vorentoe
- Moet nie paniekerig raak nie – infeksies gebeur en is maklik behandelbaar. Femoxil kan help.
- Hou dinge skoon en droog – dra katoenonderklere wat lekker kan ventileer, veral nou met die warmer maande wat oppad is! Dit sal jou vagina se frustrasievlakke baie laat daal as sy net bietjie kan asemhaal!
- Sê nee vir parfuumprodukte daar onder – hou dinge natuurlik. Jy wil nie die delikate balans daaronder versteur nie. Net omdat ons dit ‘n blom noem, beteken nie jy hoef dit soos ‘n blom te laat ruik met jou naaste blikkie deodorant nie.
Waar is Femoxil beskikbaar?
By Dischem, Takealot en onafhanklike apteke landswyd. As jou apteek dit nie het nie, vra hulle om te bestel!
Onthou Femoxil vir die toekoms… Die pienk boksie met die blom op!
Besoek https://www.femoxil.co.za/ vir meer info!