Promosie
Infeksie is sekerlik een van die mees onromantiese toestande waarmee enige vrou gekonfronteer kan word. Dit plaas onmiddellik ’n demper op enige bedpret en intimiteit. Die goeie nuus is dat jy jouself kan beskerm en sodoende kan verseker dat infeksie nie jul pret bederf nie!
Bosbessies is bekend vir die gesondheidsvoordele wat dit inhou. Femolene het hul Ultraberry-produk ontwikkel om die krag en voordele van bosbessies ten beste te ontgin en seker te maak dat jý die vrugte daarvan pluk. Dié produk is die mees effektiewe bosbessie-aanvulling vir die behandeling van urinêre infeksies. Totsiens, ongemaklike infeksie! Hallo, gesonde urienweg!
1. Bosbessie-beskerming
Femolene Ultraberry bevat 500 mg van die baie sterk Cran-Max® wat gelykstaande aan ongeveer 17 000 mg bosbessie-ekstrak is. Cran-Max® bevat ook gepatenteerde tegnologie genaamd Bioshield®, wat die bio-aktiewe komponente van die bosbessie beskerm sodat dit nie deur spysverteringsvloeistof verswak word soos die geval is met baie ander bosbessie-aanvullings op die Suid-Afrikaanse mark nie. Dit sorg vir ’n volhoubare vrystelling van sy kragtige bosbessie-faktor na dele waar daar infeksie in die urienweg is. Infeksie is nie iets wat jy sommer sonder bosbessie wil beveg nie.
2. Ken die simptome
Die volgende simptome kan moontlik op urienweg-infeksie dui:
• Skerp pyne en ’n branderige gevoel wanneer jy urineer.
• ’n Sterk behoefte om gedurig te urineer.
• Urine met ’n slegte reuk.
Pyn en ongemak hoef nie deel te wees van jou lewe nie. Met slegs een tablet per dag, kan Cran-Max® help om al die simptome effektief te behandel en te beveg.
3. Voorsorg bly bobaas
Wat kan jy as voorsorg doen om urienweg-infeksie te voorkom?
• Sny die suiker. Wees op jou hoede vir suiker en wit kosse en vermy dit so ver moontlik.
• Goeie hidrasie is ’n sleutelfaktor. Drink elke uur ten minste een glas water. As jy daagliks genoeg water inneem, hou dit baie gesondheidsvoordele vir jou in.
• Moenie knyp nie. As jy moet urineer, moet dit nie terughou nie. Dit is nie goed vir jou nie en kan bydra tot die infeksie.
• Heeltyd higiënies. Maak seker dat jy behoorlike higiëne toepas voor en ná jy intiem verkeer.
• Die regte onderklere. Sorg dat jy goeie katoenonderklere dra wat kan “asemhaal”.
• Vermy klammigheid.. Trek so gou moontlik droë klere aan ná oefening of nadat jy geswem het.
Dit is nie nodig om toe te laat dat infeksie jou beroof van intimiteit en jou gewone vars vroulikheid nie. Femolene se Ultraberry is ongetwyfeld die bondgenoot wat jy aan jou kant wil hê om jou te beskerm teen infeksie. Belê in die beste bosbessie-aanvulling en voorkom so dat infeksie jou intieme sake in die wiele ry.
Vir meer inligting, besoek www.femolene.co.za