Promosie
Hormone kan behoorlik met jou wipplank ry en dit is ’n resep vir moeilikheid in enige huwelik. Voordat jy vir Wagter gluur en jou gesinslede vir jou begin wegkruip, kan jy ’n plan maak. ’n Wanbalans kan jou baie goor laat voel en jou gesondheid drasties beïnvloed, terwyl hormonale balans baie belangrik is vir goeie algehele gesondheid.
Dit is normaal dat hormonale balans kan wissel veral vanaf puberiteit tot menopouse. Die goeie nuus is dat Femolene verstaan wat die verreikende gevolge van ’n vrou se hormone op jou fisieke en psigiese gesondheid kan hê. Hormone is nie ’n vrou se vyand nie, jy moet bloot sorg dat jy die werking daarvan verstaan en dan alles binne jou vermoë doen om die balans te handhaaf. Hier is vyf dinge wat jy nié van hormone weet nie.
1. Hallo, hormone!
Die definisie van hormone is ’n chemiese kommunikeerder of verbinder wat boodskappe na en van al die organe in die liggaam vervoer. Hierdie tipe inter-organiese kommunikasie help die liggaam om gebalanseerd te bly en optimaal te funksioneer. ’n Hormoon werk amper soos ’n sleutel wat in ’n spesifieke slot in elke orgaan pas. Jou gemoedstemming, slaappatroon, eetpatroon, metabolisme en vrugbaarheid word deur hierdie hormonale kommunikasie beïnvloed.
2. Hormonale wanbalans
PMS en gepaardgaande moegheid, geïrriteerdheid en frustrasie is van die uitdagings wat vroue maandeliks moet trotseer. Wanneer jou maandelikse hormonale aktiwiteite begin afneem, kan jy simptome soos warmgloede, nagsweet en gemoedskommeling ervaar, wat daarop kan dui dat jy nou die menopouse binnegaan. Daar is hoop: Femolene My Life het ’n spesiale formule en ’n natuurlike benadering om jou hiermee te help.
3. Gesonde kos is jou vriend
Gifstowwe en ’n ongebalanseerde leefstyl kan ook tot ’n wanbalans bydra, maar die goeie nuus is dat gesonde kos jou kan help om die simptome te beveg. Navorsers stel voor dat vroue baie mooi moet let op hul premenstruele dieet. Dit is baie belangrik om gebalanseerde bloedsuikervlakke te handhaaf. Kleiner, meer gereelde etes wat baie vesel en proteïen bevat en laag is in koolhidrate en suiker kan jou hiermee help. Een van die grootste foute wat vroue tydens daardie tyd van die maand maak, is om maaltye oor te slaan en gemorskos te eet. Dit versoorsaak ongebalanseerde bloedsuikervlakke wat kan bydra tot emosionele simptome.
4. Wikkel jou lyf
Gereelde oefening is nie net voordelig vir jou totale gesondheid nie, dit help ook jou hormone. Daar is minstens vyf hormone wat deur jou fiksheidsroetine beïnvloed word. Irisine, estrogeen, testosteroon, die menslike groeihormoon en kortisol elkeen deur oefening beïnvloed. Moet dus nie laat slap lê en opkrul op die bank voor die televisie nie, selfs matige oefening sal ’n beduidende verskil maak.
5. Help die hormone
Soos wat jy ouer word, stabiliseer jou hormone en tog wissel dit steeds elke week as gevolg van jou maandelikse siklus. Femolene My Life is spesifiek ontwikkel met ’n verskillende formule vir elke week om jou hormone te ondersteun om die hormonale wisseling van menstruasie en PMS te help hanteer.
As jy die konneksie tussen gedrag en hormone verstaan, is dit makliker om jouself te help om minder gefrustreerd en geïrriteerd te voel. Hoewel dit nie moontlik is om die algehele hormonale vlak in jou liggaam te beheer nie, kan jy seker maak dat daar ’n gesonde omgewing is vir die hormone om te beweeg en te kommunikeer. Femolene se My Life-produk is onontbeerlik vir elke vrou. Moenie toelaat dat hormone jou lewe en verhoudings versuur nie, maar pak dit aan met gesonde oplossings en ’n natuurlike produk soos My Life.
Vir meer inligting besoek gerus www.femolene.co.za