Kom ons wees eerlik met mekaar – dit verskil van dag tot dag! Waar manlief jou vandag teen die mure kan uitdryf met sy (oordrewe rustigheid), kan dit môre juis daardie kalmte wees wat jou laat bedaar wanneer jy dit die nodigste het!

Promosie

Met dié verhoudingstoets deur John en Julie Gottman kan jy uitvind hoe gelukkig is jy in jou huwelik. As jul telling nie so hoog is soos jy graag wil hê dit moet wees nie, doen môre weer die toets. Hierdie toetsuitslae is gebaseer op hoe jy op die oomblik voel en dit kan verander na gelang van jou bui (of jul laaste rusie!)

Antwoord waar of vals:

·       Op hierdie oomblik voel ek nogal emosioneel naby aan my maat WAAR/VALS
·       Ek dink my maat verstaan my goed WAAR/VALS
·       Ons kan enige probleem wat na ons kant toe kom, trotseer WAAR/VALS
·       Ek sou myself as gelukkig in my huwelik beskryf WAAR/VALS
·       Ek voel gerespekteer deur my maat WAAR/VALS
·       Ek is toegewyd om in hierdie huwelik te bly WAAR/VALS
·       Ek respekteer en bewonder my maat WAAR/VALS
·       My maat is vir my nogal baie interessant WAAR/VALS
·       Ek glo my maat vind my fisies aantreklik WAAR/VALS
·       As ek ooit hulp nodig het, sal ek op my maat staatmaak WAAR/VALS
·       My maat doen moeite om aan my behoeftes te voldoen WAAR/VALS
·       Ek dink ons sekslewe is op ’n goeie plek WAAR/VALS
·       Ek dink ons kan enige konflik uitstryk WAAR/VALS
·       My maat is trots op my prestasies WAAR/VALS
·       Ek voel gewaardeer vir my bydrae tot ons huwelik WAAR/VALS
·       Ek voel geliefd in hierdie huwelik WAAR/VALS
·       My maat ken my baie goed WAAR/VALS
·       My maat is een van my beste vriende WAAR/VALS
·       My maat geniet my sin vir humor WAAR/VALS

 

Promosie

Tel jou punte bymekaar en teken vyf punte aan vir elke “Waar”. Vra manlief om dieselfde te doen. As julle gemiddeld bo 80 is, is die kanse goed dat julle redelik gelukkig getroud is. Vergelyk mekaar se antwoorde en kyk waar julle kan verbeter. Jy dink dalk jul sekslewe is op ’n goeie plek, terwyl manlief heeltemal van jou verskil! Deur hieroor te gesels, kan julle ’n aksieplan saamstel om jul gemiddeld selfs nóg hoër te kry!

 

Deur Annelize Steyn

Bron: www.gottmancouplesretreats.com.