Koop sowat tien koeverte en skryf vir manlief briewe.
Op elke koevert skryf jy: “Maak dié een oop wanneer jy . . . voel.” (Vul die spasie in om elke moontlike bui te verteenwoordig.)
Een is byvoorbeeld vir hom om oop te maak wanneer hy nutteloos voel. Hierin skryf jy vir hom hoeveel hy vir jou beteken. Die volgende is wanneer hy benoud voel. Hierin gee jy hom moed.
Gebruik Bybeltekse wat vir jou baie beteken en werk dit by jou briewe in. Gee hom koeverte vir tye wat hy ongeïnspireerd, hartseer, rusteloos en somber voel, en skryf briewe om hom te inspireer, te troos, te kalmeer en te laat lag.
Deur Annelize Steyn