Knip groot X’e en O’s (vir soene en drukkies) uit gekleurde karton, smeer die onderste helfte vol gom en druk dit in silwer of goue blinkers. Jy kan ook minder flashy wees en ’n klassieke string drukke en soene maak.

Promosie

Doop jou letters in bordverf om by jul slaapkamerdekor te pas. Ryg ’n tou daardeur sodat die letters mekaar afwissel en soos volg lees: XOXOXO. Span dit bo-oor die bed.

Dis ’n oulike en tong-in-die-kies liefdesverklaring. Julle kan nou vir mekaar liefdesnotas met wasgoedpennetjies aan die “liefdesdraad” los.

Promosie