So, hoe maak jy om vir vroutjie bietjie meer gereeld in die katel te kry? Jy gee vir haar ’n onvergeetlike belewenis wat sy sal wil herhaal – keer op keer op keer.

Promosie

Jy dink jy is die meester van tegniek sover dit slaapkamerpret aangaan. Jy weet presies wat vroulief wil hê . . . maar sy verkies steeds om die wasgoed op die draad te hang, eerder as haar bra oor die bed se kopstuk. Jy glo jy is onweerstaanbaar en dat die ure in die gimnasium vrugte afwerp, maar sy verkies steeds om in Harvey Specter se oë te staar en sal jou selfs stilmaak om te hoor wat die vent te sê het!

Kom ons vertel jou ’n ding of twee . . . jy het dalk nog ’n ding of twee om te leer. Probeer dié tegnieke om jou vrou sover te kry om reguit verby die wasgoedlyn en die televisie slaapkamer toe te pyl!

#1: Vaartbelyn

Promosie

Begin in die klassieke sendeling-posisie, maar trek dan terug sodat die basis van jou penis op haar klitoris is, meen Emma Taylor, skrywer van ’n seksblog. As jou bed ’n kopstuk het, doen dit soos jy normaalweg sou, maar indien nie – draai om sodat jou voete teen die koppenent lê. Druk nou met jou voete teen die bed en beweeg vorentoe en agtertoe. Op dié manier masseer jou penis haar klitoris (lekker vir jou én vir haar!).

#2: Cowgirl (omgekeerd)

As jy dié outjie nog nie probeer het nie, gee hom ’n try. Jy lê terug of sit in ’n sittende posisie en vroulief sit bo-op jou, met haar rug na jou gedraai. Dit gee jou maklike toegang tot haar klitoris en is ’n wonderlike posisie vir haar om ’n aardskuddende orgasme te hê. Dis nou aksie. Méér as wat jy in enige Clint Eastwood-movie sal sien.

#3: Globaliteit

Sy werk nie net met een knoppie nie. Haar hele lyf is ’n terrein wat wag om deur jou ontgin te word. Raak haar dus aan – oral oor haar lyf. Elke sentimeter. Trek liggies aan haar hare en soen haar voete. Moenie haar ore, nek en die agterkant van haar knieë vergeet nie. Hoe ’n groter oppervlakte jy cover, hoe groter gaan die wins wees. Een manier waarop jy dit kan baasraak, is deur haar ’n vollyf-massering te gee en te kyk hoe sy reageer op sekere sentimeters.

#4: Spiraalvormig

Bull’s eye kom heel laaste. Só dink aan haar lyf as ’n spiraal – begin buite en beweeg rustig en geduldig binnetoe. Dit geld ook vir haar borste. Sy gaan jou aanraking op hierdie areas meer geniet as jy hulle stelselmatig benader – beweeg dus met jou hande van buite af binnetoe. Streel, kielie, vryf . . . wissel die drukking en sodra jy kan agterkom sy is gereed, wel, dan kan jy mik vir die middel!

#5: Voetverwarming

Sorg dat daar ’n warmwatersak by die voetenent van die bed lê of begin jou voorspel deur haar voete ’n massering te gee (jy hoef nie ’n handleiding hieroor te lees nie – gebruik sommer enige room en smeer dit in met genoeg drukking). Wetenskaplikes het blykbaar bewys dat vroue se kanse om ’n orgasme te kry met 30% verhoog as hulle voete warm is!

#6: Verrassingspakkie

Nee, dit gaan jou niks kos nie! Al wat dit behels, is dat jy dinge so ’n bietjie rondskommel. Streel haar arm en soen haar bors dan onverwags. Terwyl sy bo-op jou is vir ’n girl-on-top nommertjie, draai haar skielik en onverwags om in die sendeling-posisie. Soen haar romanties op haar mond en beweeg dan skielik na haar nek vir ’n bloeddorstige soen (moet haar net nie regtig raakbyt nie!). Wissel orale en handstimulasie af. Wissel posisies. Wissel voorspel. Wissel tyd – en plek.

#7: Lippetaal

Praat met voorspel. Praat terwyl julle seks het. Praat, praat, praat. Vertel haar wat jy met haar wil doen, en sê vir haar hoe sy vir jou voel terwyl jy besig is om dit te doen. Vra haar of sy hou van wat jy doen. Kommunikasie in die slaapkamer is nie net nodig nie – dit is baie sexy. Jy het nie nodig om eksplisiet te wees om haar polsslag op te jaag nie (maar jy kan as jy wil!). Net jou stem in haar ore (wat so nou en dan afgewissel word met jou tong in haar nek) sal haar daartoe dryf om self vokaal te raak – wat weer vir jóú ’n turn-on gaan wees.

Sien, sover dit hierdie dinge aangaan, is dit ’n wen-wen situasie. Jy wen, sy wen en wie kan die versoeking keer om terug te gaan vir meer as jy die jackpot geslaan het?

 

Deur Annelize Steyn