Vroeër jare, toe flieks net begin het, was dit ’n grand affair. Akteurs en aktrises was silwerdoeksterre en alles het gegaan oor Hollywood-glans. Hou dus ’n fliekaand by die huis. Huur ’n projektor en weerkaats die fliek teen ’n groot oop muur in jul huis. Sit kussings op die vloer (of sleep ’n bank nader).
Trek mooi aan en kyk een van die volgende swart-en-wit romantiese treffers van ouds: It happened one night (1934), Bringing up Baby (1938), Holiday (1938) en The Philadelphia Story (1940).