Dit ruik nie net lekker nie – essensiële olies kan jou liefdeslewe ’n hupstoot gee. Of só sê dié wat weet. Op freshmommyblog.com stel Tabitha Blue die volgende voor:
- Deur ylang-ylang-olie te verdun en aan die binnekante van jou dye te smeer, kan jy van spanning ontslae raak en seksuele energie verhoog. Dit kan ook manlief se impotensie verlig.
- Verdunde sandelhoutolie aan jou enkels of oor jou lyf (as masseerolie) kan jou libido ’n bietjie oemf gee.
- As julle die laaste tyd ’n bietjie futloos voel, spuit wildelemoenolie agter jou ore en polse vir energiegewende eienskappe.
- Verdunde geraniumolie kan jou stresvlakke verlaag en jou hormone help uitbalanseer.
Onthou om altyd essensiële olies te verdun met byvoorbeeld water, olyfolie of klapperolie. Onverdunde olies kan ernstige allergiese reaksies veroorsaak. Gebruik 2% olie en 98% van die produk waarmee jy dit verdun.