Vroeër die week stuur ons ‘n epos aan ons databasis. Die opskrif is: Die Gevaar van ‘n huwelik op Auto Pilot. Met ‘n byskrif: Praat ons dalk vandag met jou?
Met ander woorde: As die briefie nie vir jou bedoel is nie, ignoreer hom maar, dis okay…
Maar ons het beslis op ‘n paar tone getrap, want ons het ‘n hele paar briefies gekry van mense wat vra hoe weet ons wat in hulle huwelike aangaan… Hoe ons sulke onverantwoordelike stellings mag maak… En een persoon wat ons ‘n massiewe klap wou kom gee (sy bewoording was iets anders as “massief”, maar ons kan dit nie hier herhaal nie).
Liefste INTIEM leser, hoor ons hart. Ons baklei nie MET jou nie. Ons baklei VIR jou! Ons baklei vir huwelik in Suid Afrika. Ons baklei vir heel gesinne. Ons baklei vir huwelike wat op auto-pilot is, want dis nie ‘n gesonde plek om te wees nie! Ons baklei omdat ons daagliks die verwoesting in huwelike sien. Die seer. Die sukkel. Die langtermyn gevolge. Ons baklei uit omgee, maar ook so bietjie uit frustrasie…
Ons plaas die brief hieronder vir jou, dan kan jy hom ook lees. Lees dit met die ingesteldheid van: As daar die kleinste-skraalste-miniatuurste moontlikheid is dat jy jou huwelik dalk moontlik so klein bietjie afskeep / gewoond geraak het, kan hierdie briefie dalk iets vir jou beteken. Anders, lees dit steeds en maak die bladsy toe… Dit sal net so 5 minute neem… 🙂
Hier is die brief:
Ek wil jou ‘n vraag vra wat dalk nie nou vir jou lekker gaan wees om te hoor nie:
Hoekom belê jy nie daadwerklik in jou huwelik nie?
Sjoe! Jy is seker nou lus om my met iets te gooi, ne?
Maar ek gaan eerlik wees, dis ‘n vraag waarmee ons vandag hier by INTIEM worstel.
Dink gou daaraan vir ‘n oomblik. In ‘n wêreld vol afleidings, verpligtinge, druk en uitdagings, word ons huwelike sommer baie vinnig die een ding wat ons aanvaar sal “okay” wees op “auto pilot”. Maar dis nie hoe gesonde verhoudings werk nie!
Sonder intensionele aandag en (ja, kom ons sê nou maar die woord) WERK, bly huwelike net nie dieselfde nie. Dit begin agteruitgaan. Mens gesels so bietjie minder. Vry so bietjie minder. Kuier so bietjie minder. Luister so bietjie minder. Baklei so bietjie meer. Ignoreer so bietjie meer. Klein jakkalsies word groot goggos… en voor jy weer sien, is julle nie meer die paartjie wat julle so paar jaar terug was nie. Die klein molshopie het in ‘n reuse berg verander, en jy het net doodeenvoudig nie die krag, lus of bergklimskoene om anderkant uit te kom nie.
Ons sien dit. Elke dag. Ons kry briewe van stukkende huwelike. Elke dag. Van affairs. Elke dag. Van “ons het uitmekaar gegroei”. ELKE LIEWE DAG.
Die huwelik is ‘n reis, dis nie ‘n eindbestemming waarheen jy teen 140km per uur oppad is nie! Vir ‘n reis het jy petrol nodig. Padkos. ‘n Skoon venster. Nuwe olie. Jy klim nie net in jou kar en verniel hom vir die volgende 50 jaar teen volspoed nie!
Die huwelik is daar sodat julle kan FLOREER, nie sodat julle net-net kan oorleef nie! Dis jou veilige hawe. Die plek waar jy net jouself kan wees. Die plek waar jy gekies het om te wees… Die plek waarvoor jy gesê het: till death do us part!
Dis presies hoekom ons www.ekenjy.net ontwerp het. Om Christen-pare soos julle te help om doelbewus in jou huwelik te belê en dit die beste en lekkerste en gesondste plek ooit te maak. Ons wil seker maak jou huwelik word nie ‘n onoorkombare berg nie… Ons wil jou help om dit die lekkerste en beste plek ooit te maak! En dalk is jou huwelik alreeds op daardie plek… FANTASTIES! Ons help jou om dit daar te HOU en selfs nog sterker te maak!
Ons gee vir jou maandelikse artikels, video’s, kursusse en hulpbronne wat saamgestel is om huwelike te versterk en paartjies die gereedskap te gee wat hulle nodig het om die uitdagings van die lewe, huwelik en geloof aan te pak… Een maand op ‘n slag! Dis maklik. Haalbaar. Uniek.
Teen ‘n klein maandelikse fooi kry jy toegang tot ‘n rykdom van inhoud wat die potensiaal het om jou huwelik in iets FANTASTIES te verander! Dink daaraan as ‘n KLEIN, maar KRAGTIGE belegging in iets wat meer werd is as amper enige iets anders in jou lewe!
Of… Jy kan kies om jou huwelik te ignoreer, en dan die veel groter koste op die lang termyn te betaal. Verhoudings groei nie vanself nie — dit groei deur doelbewuste EFFORT.
Hoekom nog wag? Neem ‘n proaktiewe stap na ‘n sterker, dieper, gelukkiger huwelik.
Basta met auto-pilot! Jy verdien beter, en jou huwelik verdien beter.
Ons baklei al meer as 18 jaar vir huwelike in Suid Afrika. Ons doen dit nie vir die spangees nie. Ons doen dit omdat dit ‘n Goddelike opdrag is: “Die mure om huwelike in Suid Afrika is stukkend, gaan herbou dit!”. Ons bou!! Bou jy saam?
Sluit vandag nog aan. Dit gaan jou net R5 kos. Regtig. Net R5. Kuier dan vir 2 weke. As jy hou van wat jy sien, betaal jy dan R99 per maand. As jy nie hou van wat jy sien/ervaar/leer nie, hernu jy bloot net nie jou lidmaadskap nie. No hard feelings. No strings attached.
Die Ek en Jy program bestaan uit 8 hoofafdelings:
- Oorsig van die Maand – Ons vertel jou wat jy van elke maand kan verwag in jou plan vir daardie maand.
- Geestelike Plan – Ons gee vir jou 30 kort dagstukkies, een vir elke dag. Lees dit daagliks gou saam met jou maat… ‘n driedubbele tou breek nie maklik nie!
- Masterclass – Kom leer saam en groei saam met interessante onderwerpe.
- Podcasts – INTIEM se gewildste radio onderhoude, spesifiek uitgesoek om elke maand se plan te komplementeer.
- Storietyd – ‘n Geselsie met Liezel (Besturende Redakteur van INTIEM) en haar man Nico. Kom ontdek geheime van ‘n huwelik wat al 30 jaar hou…
- Bonusse – Interessante lekkertes, links en idees.
- Ons gesels met… – Onderhoude met kenners en bekendes.
- DIE EK EN JY MAANDPLAN – Hierdie is jou PLAN vir die maand, en bevat die volgende afdelings:
- Elke dag oomblikke – Gewoontes en idees vir elke dag. Hierdie gaan ‘n daadwerklike verskil in jou huwelik maak!
- Date Nights – Ons haal die dinkwerk uit date nights. Daar is iets vir elkeen, en glo ons, dis nie “arm en ‘n been” tipe idees nie. Dis lekker en haalbaar!
- Feestyd – Kom kook saam… van die kombuis tot in die slaapkamer met die heerlikste resepte! Ons help jou stap vir stap.
- Wegbreekplanne – Ontdek Suid Afrika se mees romantiese plekke… Ons gaan snuffel hulle vir jou uit en deel ook ons eie ervarings!
- Katjierie – Sensueel en seksueel… bedpret! Ons sê dit soos dit is en deel witwarm wenke.
- Kommunikasie – Elke maand deel ons wenke wat goud werd is. Leer om reg te gesels en mekaar regtig te hoor!
- Kom vind uit – Van temperamente tot liefdestale, ons doen elke maand ‘n lekker toetsie!
- Respek en liefde – Mans soek respek, vrouens soek liefde. Ons leer jou hoe om hierdie kringloop reg te hanteer! Verstaan hierdie reg en jy gaan ‘n BAIE gelukkige maat in die huis hê!
- Selfsorg en groei – Want ‘n gesonde JY lei tot ‘n gesonde huwelik.
Ek en Jy is nie net vir mense wat voel hulle het probleme in hulle huwelike nie. GLAD nie! Dis vir almal wat regtig net saam met INTIEM ‘n visie deel om sterker, lekkerder, gesonder huwelike te hê. Jy diens mos nie jou motor eers as hy breek nie… jy diens hom sodat hy nie breek nie! Is jou huwelik nie veel meer werd as jou motor nie? Diens hom sommer van vandag af! www.ekenjy.net is die lekkerste diensplan tans op die mark…
Besluit NOU. Besluit VANDAG. En DOEN DIT net! Jou huwelik is goud werd!
Indien jy wonder hoekom die inhoud op www.ekenjy.net nie gratis is nie, beantwoord ons dit sommer gou! 🙂
- Die sagteware om die program te ontwerp, het (amper) ‘n arm en ‘n been gekos en moet jaarliks hernu word.
- Die program lê op ‘n groot “server” wat seker maak jou inhoud is veilig, vinnig en altyd beskikbaar. Ons het al die veiligste protocols in plek om te verseker dat jou info en betalings 100% secure is. Dit kom ook met ‘n lekker stewige (maandelikse) prys tag… (Jammer vir die Engels, maar rekenaarterme klink volksvreemd in Afrikaans).
- Elke maand word daar vars artikels geskryf en videos opgeneem. Alles word geskryf, ge-proeflees, ge-edit, gelaai… en nog ‘n klomp ander woorde met die voorvoegsel ge-…
- Ons wil soveel as moontlik mense vertel van die program. Bemarking is ‘n duur tameletjie. Deur jou lidmaatskap, help jy ons dus ook om ander mense te bereik!
- Laastens, wanneer iets gratis is, is daar soms ‘n gevoel van geen-waarde. Ons wil hê jy moet die Ek en Jy Program sien as ‘n BELEGGING in jou huwelik. Versekering… En dis presies wat dit is!
HOU OP UITSTEL… Wie nie waag nie, sal nie weet nie. R5. Dis al wat ons vra…