Welkom by # 12 (die laaste !) in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!
Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!
Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr11
Op hierdie bladsy:
- Ultimate Date Night # 12 OPSIE 1
- Ultimate Date Night # 12 OPSIE 2
- Nagereg
- WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
- Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!
Die voorbereiding:
- Kies ‘n spesifieke aand (of dag!) uit en skryf dit in jul dagboeke.
- Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!
1. Ultimate Date Night # 12 OPSIE 1
Ons gaan Mosambiek toe!
Julle dink dalk nou: Intiem en Climux, is julle mal, dis dan “lockdown”… en dis effens ver om te ry vir ‘n “date night”!? Nee toemaar, ons gaan nie regtig ons paspoorte gryp en oor die grens ry nie. Ons gaan Mosambiek in ons eie huise/dorpe vier… KLIEK HIER om te sien hoe dit gaan werk.
2. Ultimate Date Night # 12 OPSIE 2
Welkom by die penis- en die blom-spa…
Hierdie is week 12… Die laaste in ons reeks van “date night”, so natuurlik gaan ons “all out” soos die Engelse sou sê! Hierdie “date night” is net vir volwasse oë bedoel, so as die kinders dalk nog saamlees, gaan sit hulle dadelik in die bed!
Hoe werk dit? KLIEK HIER en vind uit….
3. Nagereg…
Piekniek by die huis…
Kies een aand hierdie week en gaan op ‘n reis deur die laaste 12 “date nights”. Gesels oor watter julle die meeste en die minste geniet het – en stel ‘n “date night skedule” vir jul huwelik op. Maak seker dat julle ten minste 3 of 4 idees het, sodat julle elke week een kan kies. Sit ‘n lekker dik kombers in die sitkamer, of verander jul bed in ‘n piekniekarea. Onthou die sjokolade, aarbeie en room en geniet mekaar se geselskap. Mag hierdie 12 weke se idees, die begin van FANTASMAGORIESE “date nights” vir julle wees!
4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
#WitWarmWenk – Ons sluit ons 12-week “date nights” af deur die volgende te herhaal: Goeie seks begin met “goeie more!”. Maak tyd vir mekaar, maak tyd om te “flirt”. Geniet jou maat, geniet jou huwelik. Vry baie, vry gereeld! En koester mekaar – die huwelik is ‘n spesiale tuiste waar julle albei veilig en geliefd moet voel!
#ClimuxKanHelp – Dames, om seker te maak jy is altyd VARS, sorg dat daar altyd van Climux se INTIMATE reeks in jou badkamerkassie is…. Kliek hier vir meer info!
Manne, indien die spa-bederf lei tot…. wel…. meer… (soos ons hoop en glo!) moenie vergeet van Climux se reeks libido “booster” en vertraging gel vir mans nie… Kliek hier om meer te leer!
5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!
Skryf hier in: