Hier is ‘n paar redes waarom jy ‘n unieke, one-of-a-kind, bootvakansie moet oorweeg!
- Dit hoort op almal se “bucket list”! Jy het geen lisensie of vorige ervaring nodig nie!
- Dis romanties! Met pragtige natuurskoon, rustige waters en die privaatheid van jou eie boot, bied ‘n bootvakansie al die bestanddele wat nodig is vir ‘n ontspannende en onvergeetlike vakansie … gaan as ‘n paartjie, ‘n paar paartjies, ‘n groep vriende of ‘n familie!
- Dis opwindend! ‘n Bootvakansie kan ‘n wonderlike manier wees om nuwe bestemmings te verken en nuwe avonture aan te pak. Of dit nou is om in kristalhelder water te snorkel, versteekte eilandjies te verken, of plaaslike kultuur en kookkuns te ervaar, ‘n bootvakansie beloof om nie ‘n vervelige gedoente te wees nie!
- Jy is in beheer van jou eie reisplan (Itinerary)! Met ‘n bootvakansie kan julle meer beheer hê oor jul reisplan en skedule, wat julle in staat stel om jul vakansie aan te pas by jul spesifieke belangstellings en voorkeure. Kies waarheen om te gaan, hoe lank om op elke plek te bly en aan watter aktiwiteite om deel te neem.
- Dis ‘n onvergeetlike en unieke ervaring! Slaap onder die sterre op die dek, beleef asemrowende sonsondergange en gooi anker op afgesonderde plekke en wynplase… ‘n bootvakansie beloof oomblikke wat eenvoudig onvergeetlik is.
- En… Stel jou net voor hoe sexy jy gaan lyk met jou kapteinhoedjie!
Is jy gereed vir romanse? Gereed vir avontuur? Gereed vir ‘n onvergeetlike en unieke ervaring?
Oorweeg dan ‘n Le Boat bootvakansie in Europa of Kanada! Met tot 25% afslag op boothuur tot 28 Februarie, is hierdie droom binne jou bereik! Geen bootervaring of bootlisensie is nodig nie!
‘n Bootvakansie met Le Boat bederf jou met ‘n hele verskeidenheid opsies: Ontspan en vaar op sommige van Europa en Kanada se mooiste kanale, binnelandse waterweë en riviere. Eet, slaap en leef aan boord terwyl jy alles ontdek wat die omgewing bied. Stop by plaaslike kafees langs die waterweë, besoek historiese terreine, gaan proe wyn op die wynplase, verken buitelugmarkte en plaaslike winkels, of ontspan bloot en geniet die sonnetjie op jou lyf terwyl jy met ‘n boek op jou sondek onstpan.
Le Boat sal jou presies wys hoe om jou boot teen jou eie pas en op jou eie reisplan te stuur. Sodra jy aan boord gaan, kry jy ‘n volledige inligtingsessie en demonstrasie en hulle sal seker maak dat jy 100% gemaklik is, voor jy die wye waters aandurf! Dis amper soos om ‘n motor te bestuur, maar baie makliker en meer ontspannend!
Jy is letterlik aan die stuur van jou eie vakansie!
Bote wissel in grootte van een tot vyf kajuite (slaap tot 12 mense) en reisigers kan ‘n 3-6-nagte kort-bootwegbreek of ‘n 7-10+ nag vakansie kies. Alle Le Boat bote het ‘n volledig toegeruste kombuis, vars linne en beddegoed, boonste sondek en nog baie meer!
Le Boat, ‘n leier in boothuurvakansies in Europa, het meer as 50 jaar ondervinding in die bedryf. Met 950 bote by ‘n netwerk van meer as 33 verskillende vertrekbasisse oor agt Europese lande, het Le Boat in 2018 ook Kanada by hul bestemmings gevoeg en het nou ‘n plaaslike vloot van 32 bote beskikbaar vir huur op Ontario se UNESCO Rideau-kanaal.
As jy nog nooit voorheen op ‘n bootvakansie was nie, is die konsep eenvoudig. Le Boat voorsien jou van ‘n boot, wat jou verblyf en vervoer sal wees vir jou vakansie. Gaan aan boord by een van hul vele basisse, geleë langs van die mooiste waterweë in Europa en Kanada, en vaar weg op jou droomvakansie! Gaan waar jy wil; maak soos jy wil. Die enigste vereiste is dat jy die boot weer terugbring…
‘N BOOTVAKANSIE IS MAKLIK!
Le Boat se bote is ontwerp om dit maklik te maak om te gebruik, met ‘n stuurwiel vir links en regs, en ‘n vorentoe en agtertoe versneller! Daarom is geen vorige bootervaring of ‘n bootlisensie nodig nie.
Meeste van hul kliente is first-time-Captains wat vir die eerste keer agter die kontroles van ‘n boot inskuif. Almal raak egter baie gou selfversekerd om die waterweë te navigeer. Le Boat se vriendelike mense sal jou ook vir ‘n kort afstand op die boot vergesel, om seker te maak jy is heeltemal tevrede met die kontroles.
‘N BOOTVAKANSIE IS BESIG!
Dit is geen seevakansie nie! Daar is baie om te doen, behalwe om net die boot te bestuur. As jy nie die een is wat stuur nie, dan vorm jy deel van die boot se ‘bekwame bemanning’ en kan jy help om toue te hanteer wanneer jy vasmeer en deur sluise gaan – ‘n uitstekende geleentheid vir jou gesin of groep om as ‘n span saam te werk!
Dan is daar al die wonderlike plekkies, dorpe en stede om langs die “pad” te verken. Boonop is daar by baie van die bestemmings ‘n hele rits aktiwiteite om aan deel te neem – swem, watersport, perdry, wynproe om maar net ‘n paar te noem.
‘N BOOTVAKANSIE IS RUSTIG!
Wag! Besig of rustig – wat is dit nou? Wel, dis beide! Alhoewel daar baie is om te doen op en van jou boot af – is daar min dinge wat jou so ontspanne en kalm laat voel soos die rustige pas van die waterweë. Niemand is haastig nie. Mense neem die tyd om met mekaar te gesels, te waai terwyl hulle verbyvaar, en bootverhale en oulike bestemmings met mekaar te deel. Die bote vaar rustig en sagtens en laat jou toe om die natuurskoon in te neem, die omgewing te waardeer en om mekaar se geselskap te geniet en te waardeer terwyl julle van plek tot plek vaar.
En as jy eerder die besienswaardighede wil oorslaan en op die dek sonbaai of ‘n middagsiësta in jou kajuit wil neem – is daar is niks wat jou keer nie! Dis jou vakansie … ontspan en geniet dit!
‘N BOOTVAKANSIE IS UNIEK
‘n Bootvakansie sal jou in staat stel om dinge te ervaar op ‘n manier nie andersins vir jou beskore sou wees nie. Waterweë lei jou na klein dorpies wat jy op geen ander manier sou kon ontdek nie. Hier sal jy die ware aard van jou bootvakansie ervaar – die heerlike kookkuns, die vriendelike plaaslike inwoners en die versteekte juwele wat nog nie deur massa-toerimsme oorgeneem is nie.
‘N BOOTVAKANSIE BIED TOTALE VRYHEID
‘n Bootvakansie het geen motors wat jaag, slaggate en stukkende verskeersligte nie, so jy kan doen wat jy wil en stop wanneer en waar jy ookal lus is. Jy is beheer van elke dag. Vaar heeldag en geniet die pragtige tonele, maak vas langs een van die beskikbare ankerplekke en lees ‘n boek; gaan ry fiets en verken nabygeleë dorpies, of stop by die volgende dorp of stad en gaan kuier! Kook en eet aan boord of eet by ‘n restaurant langs die water. Solank jy jou boot betyds terubring na die port/basis van jou keuse, kan jy regtig verder doen net wat jy wil!
‘N BOOTVAKANSIE IS BEKOSTIGBAAR!
‘n Le Boat-bootvakansie kan ‘n bekostigbare en koste-effektiewe opsie wees vir paartjies of gesinne wat op soek is na ‘n unieke en persoonlike vakansie-ervaring. Sulke vakansies bied die geleentheid om verblyf, vervoer en aktiwiteite alles in een te kombineer. Deur eie maaltye voor te berei en eie reisplanne te bepaal, kan julle geld spaar op eet- en vermaakuitgawes. Met ‘n verskeidenheid opsies beskikbaar, insluitend kleiner bote en korter roetes, kan julle ook ‘n reis kies wat by jul begroting pas. En onthou, met tot 25% afslag as jy voor 28 Februarie bespreek, was daar nog nooit ‘n beter tyd as NOU om daardie vakansie te bespreek nie!
Wat sê van Le Boat se vorige kliënte?
- Seema Dutta: Wonderlike manier om die platteland te sien! Jy kan nie haastig wees op ‘n vakansie soos hierdie nie, so ons het net met die Kanaal afgekronkel en gestop wanneer en waar ons ook al wou. Uitstekende kos en wyn en al die mense wat ons ontmoet het, het dit ‘n wonderlike vakansie gemaak!
- Margaret Perkins: Vyfster diens elke keer! Ons het al meer as 15 jaar vakansies by Le Boat bespreek en het nog elke keer ‘n vyfster-ervaring gehad. As ons hulp nodig het voor of tydens ons vakansie, was hulle nog altyd daar met ‘n glimlag!
Dit is tyd om te oefen om AHOY te sê …! Kaptein, span daai seile! (Nee, nee, sit af daardie sokkie-sokkie musiek, hierdie is bote met motors, nie met seile nie….)