Dis maklik om tyd te maak vir een, nie veel voorbereiding is nodig nie en dit laat ’n glimlag op jou gesig vir die res van die dag . . . geen wonder die quickie is só gewild nie! As dinge begin saai raak in die slaapkamer, is hierdie ’n goeie manier om weer opwinding terug te bring. INTIEM gee jou ’n vinnige ABC.
A – Daardie AMPER uitgevang word veroorsaak dat die ADRENALIEN pomp. So ’n vinnige knippie op ’n plek waar jy nie regtig veronderstel is om dit te waag nie, is gewaarborg om die bloed vinnig te laat klop.
B – Sy BO-OP jou skoot is diskreet, veral as sy ’n rok aanhet. Dit gee haar beheer oor die beweging en sy kan kies hoe vinnig sy dié vinnige ene wil hê. As julle dit op ’n waaghalsige plek waag, gee dié manier haar kans om maklik op te staan as iemand aankom.
C – CUNNILINGUS – ’n groot woord vir dit wat jy met jou tong en mond vir haar kan doen!
D – DADELIK – moenie tyd mors nie. As julle ’n kans kry vir ’n quickie, maak die meeste van elke oomblik tot julle beskikking.
E – Spring EERSTE weg met ’n warm, passievolle soen, daarna volg die res!
F – Maak dit FANTASTIES. As julle uitgaan, fluister allerhande dinge in mekaar se ore. Jy vervul dalk nog een van haar FANTASIEë ook!
G – Daardie GESTEELDE tydjies wanneer die kinders televisie kyk, is ideaal om vinnig weg te sluip. In die waskamer, spens of selfs die motorhuis!
H – So ’n skelm HAND wat nader sluip, sal haar laat regop sit.
I – Wees IMPULSIEF en doen dit op die ingewing van die oomblik. Vroulief sal met nuwe oë na jou kyk en aanhou wonder wanneer dit weer gaan gebeur.
J – Sê JA! Wees oop om iets nuut te probeer. Selfs al is jy moeg of het baie om te doen, sê JA as vroulief ’n quickie voorstel. ’n Paar minute van jou tyd gaan jou nie veel help wat die inhaal van werk of slaap aanbetref nie, maar kan baie doen om jou en jou vrou se verhouding te bou.
K – KLEREWINKEL se aanpashokkie – kry dalk maar een met ’n deur en nie ’n gordyn nie!
L – Onthou die lewe is ’n lied . . . LAG saam met jou vrou en voel weer jonk. Onthou jy hoe LAF julle was toe julle pasgetroud was? Herleef dit!
M – Slaan haar asem weg: Laat haar bestuur en kombineer MOND en MOTORKAR. Begin terg as julle amper by jul bestemming is en jy sal sien hoe haastig sy raak. Hou jou belofte as julle daar aangekom het – al is dit sommer net daar in die MOTORHUIS.
N – Hou jul lywe Adam en Eva en doen dit in die NATUUR. Op ’n staproete, buite in die tuin, op die strand . . .
O – OGGENDSEKS, vinnig voor die res van die huishouding wakker word, sit wip in jou stap vir die res van die dag.
P – ’n Quickie gaan oor PASSIE. Min praat, baie aksie.
Q – Sit die QUICK in quickie!
R – Staan albei REGOP, en laat haar een of sommer albei bene om jou vou. As sy ’n rok aanhet, is julle reg vir aksie!
S – Wees SPONTAAN!
T – TEL die minute af. Sodra jy sien die geleentheid vir ’n quickie doen hom voor, spring weg!
U – UURGLAS – bel of SMS jou maat en laat weet haar jy wag haar in met ’n sexy nommertjie vir haar om aan te trek!
V – VERRAS jou maat in die stort. Daar is min dinge so sensueel soos warm water en seepgladde hande!
W – Bo-op die WASMASJIEN vir ekstra WRIEMEL!
X – Wees die XPERT en wys haar hoe!
Y – Wees YWERIG – wag jou vrou poedelnakend in as sy van die werk af kom en verras haar met vinnige seks voor die res van die aand sy loop neem.
Z – Sorg dat al die ZIPS en knope toe is voor julle dit weer in die openbaar waag! Deurmekaar hare is dikwels ’n duidelike teken dat julle besig was met iets anders!