Dit help veel jy soen só goed, jy glo Charlize Theron kan jou nie nadoen nie. En dat jy Duits praat soos Heidi Klum. In manlief se oë help dié lippetaal jou nie veel nie – tensy jy ook weet wat om met daardie einste lippe in die area van sy boxers te doen . . .
Weet jy hoekom mans meer vir motorversekering betaal as vroue? Omdat vroue nie soveel orale seks kry terwyl hulle in die bestuursitplek sit nie. En as jy nie eerstehands kan getuig dat dit wel so is nie, is dit tyd om vir ’n road trip te gaan. (Verkieslik in die Karoo, waar manlief maar bietjie oor die pad kan swenk sonder om té veel skade aan te rig . . .) Of jy dit nou wil weet of nie – orale seks is vir mans nogal ’n groot ding. En orale seks gone wrong is soos ’n pap wiel vir jou sekslewe. Maar die teenoorgestelde is ook waar – ’n paar lesse in orale sekstegniek, en jy sit met ’n man wat putty in jou hande is. Hier is die foute wat die meeste vroue maak as dit by orale seks kom . . .
FOUT #1: Jy laat jou tande inmeng
Die nommer een klagte wat mans het, is dat hulle gebyt word. Ja! Raar, maar waar. Jy moet weet hoe om jou lippe rondom jou tande te rol (soos ’n ou vrou sonder haar valstande!) sodat manlief se kosbare toerusting nie in die slag bly nie.
FOUT #2: Jy dink dis ’n ballon
Ja, die term blow job is baie verwarrend. Daar is egter géén blasery betrokke by die kuns van orale seks nie! Volgende keer as jy in die hitte van die oomblik is, vergeet van ’n ballon en dink aan ’n suigstokkie. Manlief sal jou ewig dankbaar wees . . .
FOUT #3: Jy versnel jou pas
Hoe vinniger manlief se asem begin jaag, hoe vinniger wil jy hom oor die kruin van glorie stuur en jou instink sê jy moet jou pas versnel, maar eintlik verkies hy konstante ritme. So, as jy agterkom die passie begin in ’n rigting stuur, moenie ophou waarmee jy besig is nie.
FOUT #4: Jy is hardhandig
Sy testikels is sensitief, so vermeerder sy plesier deur sagkens hier te lek, te suig of te pluk (sagkens!). As jy te hard trek of hulle per ongeluk met jou tande bykom, sal dit vir hom pyn, en allermins plesier, gee. So, verbeel jou daar is ’n groot rooi banier rondom sý kosbare pakkie – fragile, handle with care . . .
FOUT #5: Jy gebruik nét jou mond
Ja, dit ís oraal, maar dit beteken nie jy hoef nie jou hande óók te gebruik nie. As jy jou hande gebruik, kan jy die deep throat-situasie keer én vir manlief wys jy weet wat jy doen. So, wanneer jou mond besig is met die hooflid van die trio, kan jou vingers elders vroetel.
FOUT #6: Jy vergeet die lube
Die geheim van goeie orale seks vir hom, beteken ’n hele klomp speeksel. As jou mond te droog is, beteken dit dat Junior aan die taai kant gaan wees, so as dit nodig is, hou ’n glas water op die bedkassie vir jou om te drink en ’n buisie smeermiddel in die laai.
FOUT #7: Jy wil gag!
Goed, elke man besef dat ’n wittebrood-bruid geneig is om te stik of ’n soort gag-refleks te hê, maar ’n vrou met ervaring (en oefening) behoort dit beter te kan hanteer. Probeer daardie reaksie tot die minimum beperk om jou man se ego te bewaar.
FOUT #8: Jy maak lysies
Is jy skuldig hieraan? Hanteer jy sy penis soos die een of ander huistoestel terwyl jy lysies in jou kop maak en wonder wanneer hy nou uiteindelik gaan klimaks? Onthou, vir manlief om dit geniet moet jý dit geniet. As jou hart nie deel is van die spel nie, gaan hy dit agterkom.
FOUT #9: Jy wag tot hy vra
Dit geld nie net vir orale seks nie, maar vir seks in die algemeen ook! Wat hy wil hê, is ’n vrou wat seks wíl hê, nie een wat seks sál gee nie. Stuur vir hom ’n stoute epos wat bestaan uit ’n prentjie van ’n piesang en ’n wink. ’n Goeie begrip het ’n halwe woord nodig!
FOUT #10: Jy dink net die punt geld . . .
Ja, ons bedoel letterlik! Dis meer as net die punt. En ja, dit lyk dalk intimiderend (veral as hy goed bedeeld is), maar moenie skroom vir ’n hele mondvol nie. Probeer selfs sy testikels betrek – en jy sal ’n dolgelukkige man hê!
Deur Annelize Steyn
Addisionele bronne: www.sheknows.com, www.stylecaster.com, www.simplemarriage.net.