In dié artikel gee ons jou tien nuwe goeie wenke om die vonke in die slaapkamer te laat spat!

Promosie

1. Kry kodetaal vir slaapkamer-pret. Dit kan ’n kodewoord of ’n kodefrase wees wat nét julle twee verstaan. Byvoorbeeld: “Liefie, is die matras nog stewig?” of “koperkatel-kaperjolle”. As julle dit in geselskap wil gebruik, sal julle dit dalk meer subtiel moet maak, soos: “Kom help my gou om die honde op hok te kry” of “Skat, dis skuins voor middernag” of selfs “Hierdie spiertjie in my lae rug pla my al weer.”

2. Spring aan die werk direk ná ’n oefensessie. En ja, slaan die stort oor! Blykbaar verhoog sweet die vervaardiging van feromone (daardie chemikalieë wat deur die lyf vrygestel word om ’n maat aan te trek). Jy vind dalk net jou maat onweerstaanbaar. En dink aan hoeveel pret julle met jul glibberige lywe kan hê . . .

3. Daar is nie plek in die slaapkamer vir stilstuipe nie. Maak dit wat jy voel, dink en na smag hardop aan jou maat bekend.

Promosie

4. Hou voorspel wat dit is – vóórspel! Vermy dus die genitalieë en fokus op al die ander wonderlike liggaamsdele waaraan jy kan aandag gee. Van die kroontjie tot die toontjie – daar is soveel plesiersones wat jou maat eers in die bui kan kry voordat julle na daardie areas beweeg.

5. Sukkel jou maat met ’n lae selfbeeld? Hou die kamer se ligte dof, maar moet dit nie afskakel nie! Seks kan visueel baie stimulerend wees en al kry jou maat skaam oor haar agterstewe, is daar soveel ander dele van haar lyf wat jy moontlik onweerstaanbaar vind. As ’n bedliggie te helder is, steek ’n kers aan.

6. As julle in die bui is vir ’n paar sexy inkopies, maar te skaam is om in ’n donker sekswinkel in te stap, beproef ’n paar aanlynwinkels. Julle kan saam langs die rekenaar sit en kyk na al die produkte wat beskikbaar is . . . die kans is goed dat hierdie oefening sommer ook as voorspel sal dien!

7. Altesaam 34 seksterapeute is dit eens: Seks behoort sewe tot 13 minute lank te duur. Dit is nou sonder voorspel en naspel, wat dit na ure kan verleng! (www.esquire.com)

8. Smeermiddel is daar om seks vir jou lekker te maak! Nee, dit is nie vir sekere mense van ’n sekere ouderdom bedoel nie – daar is geure, kleure en teksture vir elke smaak. Daar is smeermiddels wat ’n verhitte sensasie gee, dié wat ’n koel sensasie gee . . . die opsies is eindeloos!

9. Daar is twee middels wat jy altyd byderhand kan hou vir ingeval die bui julle beetpak – of julle nou by ’n plaasmark of in die vliegtuig is. Mondspoelmiddel en wet wipes. Om vars te ruik en vars te voel, is die sleutel tot enige impromptu seks-suksesstorie!

10. Onthou, slegs 30% van alle vroue kan deur penetrasie alleenlik ’n orgasme bereik. Die ander 70% het nodig dat hul maats ’n bietjie hand bysit!

 

Deur Annelize Steyn