#2 Jy verwag van hom om altyd leier te speel.
Tye het verander. Jy wag nie vir sy toestemming voor jy gaan inkopies doen nie, jy wag nie meer vir hom by die treinstasie wanneer jy terugkom van jou ouerhuis nie, jy wag hom nie meer by die voordeur in met ’n kroos skoongewaste kindertjies en ’n tuisgebakte appelpastei nie, so waarom wag jy vir hom om leiding in die slaapkamer te neem? Mans dink dit is warm en sexy as hul vroue so nou en dan seks inisieer.