Reg aan die begin kon julle nie genoeg kry van mekaar nie. Hormone was meester. Maar deesdae gebeur dinge nie meer naastenby so dikwels – óf spontaan – soos in die “goeie ou dae” nie. Dis nie dat julle nie meer wíl nie; dis net soveel moeiliker as tóé…
Navorsing dui daarop dat 43% van alle vrouens een of ander tyd in hul lewe seksuele probleme ervaar. In my praktyk is dit ook duidelik dat hierdie seksuele probleme, hetsy dit by die man of vrou manifesteer, ’n defi nitiewe negatiewe uitwerking op die res van die verhouding het. Aangesien ’n gesonde seksuele verhouding die sement is wat al die ander komponente van die huwelik saambind, vind ons ook dikwels dat paartjies wat nie hulle seksuele probleme kan oplos nie, uiteindelik in die skeihof eindig. Hoewel onderliggende probleme (emosioneel óf liggaamlik) ’n ernstige demper op jou seksdrang kan plaas, is die hedendaagse lewenstyl dikwels die grootste sondebok.
Jou libido en hoe goed jy jou op seksuele gebied van jou taak kwyt, is uiters sensitief vir negatiewe invloede soos werkstres, fi nansiële kwellings, prestasie-angs, chroniese moegheid en selfs verveeldheid. Gelukkig is daar vir elke probleem ’n oplossing – selfs vir ’n lui libido. Volg dié 10 stappe saam met jou maat en jul seksuele verhouding sal gou weer vlamvat. Onthou, dit moet ’n gesamentlike poging wees. Moenie oorhaastig wees nie; selfs Rome is nie in een dag gebou nie.
Dink romanties, wees kreatief
Sonder ’n emosionele konneksie tussen man en vrou is romantiese denke en kreatiwiteit bra onmoontlik. Hou die romantiese sy van jul verhouding lewendig. Blomme, kerse, goeie wyn, die regte musiek op die regte tyd, verrassings en wedersydse bederfsessies soos saam bad verrig steeds wondere. Romanse, nes die verhouding, mag nooit ’n voorspelbare “plig” word nie. Sorg vir afwisseling en wees sensueel én seksueel kreatief. Eksperimenteer byvoorbeeld met nuwe maniere van streling en aanraking, asook verskillende posisies, plekke en tye.
Kommunikeer
Práát oor seks, maar nie net wanneer julle in die slaapkamer is nie. Werk daaraan om dit ’n gemaklike gespreksonderwerp te maak. Dis nie nodig om gedurende of nét na ’n intieme sessie te praat oor wat lekker was en wat julle minder geniet het nie. Wanneer dit wel oor voorkeure en afkeure gaan, moet die boodskap op ’n positiewe manier oorgedra word. As jy of jou maat ’n introvert is en sukkel om gevoelens in woorde uit te druk, kan julle alternatiewe maniere van kommunikasie gebruik. Lees saam ’n seksueel opvoedkundige boek en gebruik tydens intimiteit jul hande om mekaar weg van en na sekere plekke te lei. Wees in voeling met jou sensualiteit en seksualiteit deur jou liggaam en gevoelens te verken en te léér ken.
Werk aan eiewaarde
Elke mens is ’n sensuele wese en elke mens het die reg om in ’n liefdevolle verhouding sensueel en seksueel bevredig te word. Leer om jouself onvoorwaardelik lief te hê en met jou eie swakpunte (nie net uiterlik nie, maar ook innerlik) saam te leef. Verbeter jou selfbeeld deur positiewe denke en spesiale selfversorging. Raak ontslae van voorspelbaarheid en doen moeite met gesonde bederf soos sexy onderklere (ja, mans ook!) wat jou meer sensueel sal laat voel en lyk. Streel die sintuie met alles wat lekker ruik en voel. Bad in aromaterapeutiese olies of masseer mekaar daarmee, maar wees versigtig dat jy nie ná ’n lekker bad jou feromone (natuurlike liggaamsreuke) met deodorant of parfuum “ doodspuit” nie; dis immers meer sexy as die duurste parfuum.
Leef gesond
Eet gesond, oefen gereeld. Dis ’n feit: ’n gesonde lewenstyl beïnvloed jou sekslewe direk én indirek. Navorsing by die Universiteit van Texas het bewys dat vroue se bloedvloei na die genitalieë ná ’n oefensessie van 20 minute met tot 169% versterk. ’n Studie aan die Universiteit van Kalifornië het weer aan die lig gebring dat middeljarige mans wat drie of vier uurlange oefensessies per week inpas, ’n fermer ereksie en beter orgasmes ondervind, asook meer gereeld seksueel verkeer as hul vriende wat nooit oefen nie. Dis logies: hoe fi kser, hoe meer stamina het jy en hoe beweegliker is jy. Én hoe ligter die las op jou hart terwyl jy met bedgimnastiek besig is. Boonop stimuleer oefening die afskeiding van endorfi ene, oftewel goedvoelhormone. Wat die vonkelwyn betref: alles reg, maar matigheid is die wagwoord. Alkohol laat rek jou bloedvate, wat beteken die liggaam se sappe word behoorlik geaktiveer. Gerugte oor die wonderwerking van oesters is net deels waar. Navorsing het bewys dat ’n tekort aan sink tot erektiele disfunksie (impotensie) kan lei. Gelukkig kan ’n sinkryke dieet (oesters is ryk aan sink) dié probleem regstel.Vroue het egter ander behoeftes, soos magnesium, kalsium en veral yster en vitamien C (vir doeltreff ende absorbering van yster). Die “ideale” eetplan vir ’n gesonde sekslewe is dieselfde as dié vir ’n gesonde hart: baie vrugte en groente, min vet, vleis en sout. Om gesond te leef beteken ook om elke jaar vir ’n deeglike mediese ondersoek te gaan en ook na jou emosionele welstand om te sien deur betyds hulp te soek vir probleme wat jy nie kan hanteer nie.
Fokus op sensuele stimulasie
Vergeet vir eers van seks (dit wil sê penetrasie) en “oefen” jul sintuie deur op suiwer sensasie te fokus. Beplan hierdie sessies vooruit. Maak dan ’n punt daarvan om meer ongewone erogene sones soos die lippe, ooglede, voete, ore, hande en rug te verken en ontdek. Sorg vir algehele privaatheid deur die telefoon van die mik af te haal en gebruik vars blomme, kerse, strelende musiek en dies meer vir ’n intieme, ontspanne stemming. Fokus op sensuele gewaarwordinge terwyl julle mekaar
Die Basis
Die basis van ’n vervullende seksuele en sensuele verhouding is emosionele intimiteit. Die kwaliteit van wat in die bed gebeur hang baie nou saam met die kwaliteit van die verhouding buite die slaapkamer. Dit is dus uiters belangrik om genoeg kwaliteit-tyd aan mekaar te spandeeer. Julle moet op dieselfde golfl engte wees en op mekaar ingesteld wees. Dit is moeilik in die alledaagse gejaagde lewe, maar gebruik ’n naweek om mekaar weer te herontdek. Seksualiteit is ’n dinamiese proses. Dit begin met die soen-met-’ntoekoms wat jy hom die oggend gee. Dink aan spesiale maniere om te wys julle dink aan mekaar. Stuur dalk ’n stuitige SMS of bel hom onverwags. Jou doel met die aand is om hom te wys dat jy die enigste vrou op aarde is wat régtig weet wat hy wil hê. Onthou ook om jouself in te stel op die spesiale aand wat voorlê. Jou brein is jo belangrikste seksorgaan en moet deel wees van die proses. Beplan nou julle aand deur die regte stemming te skep: set the scene.
Om vir ’n naweek weg te gaan is altyd ’n goeie idee aangesien die omgewingsverandering mens goed doen, jy nie met die daaglikse sleurtake by die huis gekonfronteer word nie, en julle net op mekaar kan fokus. Berei julle se liggaam verken: kyk, proe, ruik en praat oor wat julle ervaar. Die hoofdoel van dié oefening is om weg te beweeg van penetrasie- en orgasme-georiënteerde seks. Die eerste stap is om net aan jou maat se gesig te raak. Verander die intensiteit van die ervaring deur kreatief te wees. Wissel byvoorbeeld streling af met fermer aanraking. Verken dan die res van die liggaam. Maak beurte om te gee en te ontvang. Wanneer jy die streelwerk doen, moet hy heeltemal ontspanne wees sodat hy op sensasie kan fokus, en andersom. Vermy aanraking van en kontak met sterk seksuele sones soos die borste en geslagsdele. Stop die “speletjie” onmiddellik wanneer julle sterk opwekking ervaar en koel eers af. Sorg vir genoeg ligte oomblikke deur humor tegebruik. Onthou, dit gaan hier net oor sensualiteit. Vergeet dus van die eindpunt en geniet net die reis. Doen dit minstens twee keer voordat julle dit ’n stap verder voer deur die borste en genitalieë in te sluit, maar vermy steeds penetrasie. Doen dan die eerste en tweede stap ’n paar keer saam voordat julle tot die laaste stap vorder.
Dagdroom en fantaseer
Jou brein beheer jou hormone, wat weer die liggaamlike sy van jou seksualiteit beïnvloed. Dagdrome en fantasie speel dus ’n positiewe rol. Moenie skaam wees oor (normale) erotiese gedagtes en romantiese verbeeldingsvlugte nie. Gun jouself die luukse daarvan en deel dit met jou maat as jy gemaklik voel daarmee. Dis nie nodig om “vreemde” drome op te tower of fantasieë uit te speel nie. Bly by dít waaraan jy gewoond is en wat deel is van jou verwysingsraamwerk, al is dit net seks op ongewone plekke of inlewing in ’n erotise fliektoneel wat jou agterna bygebly het.
Kry speelgoed
Seksspeelgoed, eetbare onderklere en selfs doodgewone kos soos sjokolademousse, room, lyfsjokolade en heuning kan vir baie prettige tye sorg. Maar beplan en koop saam, sodat jou maat nie skielik met ’n skokkende of onaangename verrassing gekonfronteer word nie. Praat daaroor en besluit met watter “speletjies” julle albei gemaklik sal voel. Onthou: niemand behoort ooit tydens seksuele intimiteit pyn te ervaar nie – met óf sonder speletjies.
Oefen dáái spiere
Al van kegeloefeninge gehoor? Dié oefeninge is deur ’n ginekoloog ontwikkel vir die versterking van die bekkenvloerspiere. Dis ’n uitstekende manier om die libido te verhoog en meer bevredigende seks te ervaar. Wat meer is: dit werk vir vroue én mans. Hoe beter die spiertonus van die bekkenvloer, hoe hoër die intensiteit van die orgasme. Kegeloefeninge kan ook help om jou meer bewus te maak van die sensitiwiteit van die genitale area, want dit verhoog die bloedtoevoer na daardie deel van die liggaam en verbeter jou onwillekeurige liggaamlike reaksie op seksuele stimulasie. Boonop kan dit ná die geboorte van ’n kind die vaginale spiere help herstel, toekomstige inkontinensieprobleme help bekamp en jou help om orgasmes beter te beheer. Doen dit só: wanneer jy urineer, sny doelbewus met kort tussenposes die urinevloei af. As jy eers weet hoe, kan jy dit gereeld doen en hoef jy nie te wag totdat jy toilet toe moet gaan nie. Trek die bekkenvloerspier saam vir vyf sekondes en laat ontspan dit dan weer. Begin met 10 herhalings op ’n slag, drie keer per dag. Namate die spier sterker raak, kan jy die oefening “moeiliker” maak deur dit om die beurt vinnig saam te trek en te laat ontspan. Die mees gevorderde oefening is om die spier om die beurt saam te trek en doelbewus “uit te stoot”. Vermeerder weekliks die aantal herhalings by elk van die 3 oefeninge met 5. As die spier aan die begin moeg raak, rus tussendeur ’n paar sekondes lank. Onthou, jy kan dit enige plek en tyd doen, niemand sal weet nie.
Hou smeermiddels byderhand
Noudat julle ’n paar nuwe truuks geleer het – of dalk net ’n paar oues afgestof het – kan dit gebeur dat julle genoeg energie vir ’n paar rondes op ’n slag het. Dit kan tot vaginale droogheid en onaangename wrywing lei. Maak dus seker dat julle altyd ’n goeie smeermiddel soos Astroglide byderhand het en moenie huiwer om dit te gebruik nie. Sorg dat die smeermiddel ’n waterbasis het. Vermy eerder baba-olie en petroleumjellie – veral as julle kondome gebruik.
Leer ontspan Omdat stres die veg-of-vlug reaksie aktiveer en dus die bloed na jou kop en weg van jou seksorgane stuur, is stres en seks nie die ideale bedmaatjies nie. Boonop stimuleer stres die afskeiding van kortisol, ’n chemiese stof wat die produksie van “sekshormone” onderdruk. Om stres te probeer vermy is ’n onbegonne taak. Die beste manier om dit te beveg is om gereeld en reg te ontspan. Doeltreff ende ontspanning is ’n vaardigheid wat aangeleer moet word. Bemeester ’n tegniek soos joga of meditasie en jy sal weet hoe om reg asem te haal en behóórlik af te skakel. Die meeste soorte oefening help ook om die afskeiding van streshormone te stuit.
Gebruik “seksvriendelike” medisyne
Konvensionele behandeling soos bloeddrukpille, kalmeermiddels, kodeïen, anti depressante, sekere voorbehoedmiddels en selfs antihistamine kan gif vir jou libido wees. Moet dus nie sonder meer aanvaar dat jy ’n lae seksdrang het as jou belangstelling in seks skielik onverklaarbaar afneem nie. Moet ook onder geen omstandighede enige medikasie staak voordat jy dit nie met jou dokter bespreek het nie. As medisyne wél die oorsaak van jou gebrek aan belangstelling is, kan jou dokter alternatiewe medikasie voorskryf wat nie jou libido sal beïnvloed nie. Probeer gerus natuurlike produkte soos ginseng om jou libido die spreekwoordelike hupstootjie te gee. Volgens navorsingstudies speel dit ’n rol in die bekamping van ouderdomverwante prostaatprobleme. Dit kan ook jou streshanteringsvermoë verbeter.
Die Basis
Berei jul gunsteling gereg voor of gaan eet uit, sorg dat die kamer, sitkamer, eetkamer, kombuis of kombers voor die kaggel gereed is en die vertrek nie te warm of te koud is nie. Sorg vir ’n glasie vonkelwyn of gedurende die winter rooiwyn of glüwhein. Fokus op die sensuele eerder as die seksuele. Speel julle gunsteling musiek, steek die kerse aan, dans saam en neem dan ’n heerlike borrelbad saam. Belê in ’n masseerolie en masseer mekaar. Leer mekaar se liggame asof van nuuts af ken. Vergeet van jou inhibisies, ’n man sien die groot prent raak en kyk nie soos ons vrouens in elke vetrolletjie vas nie. Fokus daarop om te ontspan en die oomblik te geniet. Sien die seksuele as ’n avontuurlike reis. Dit is die reis en nie die eindbestemming wat belangrik is nie. Pasop dat seks nie te ernstig raak nie, hou dit lig en speels en sit die humor terug in die slaapkamer. Seks is nie ’n resies nie. Neem julle tyd. Wees kreatief en eksperimenteer met iets wat julle dalk nog nie voorheen probeer het nie. Kommunikeer oor julle seksuele behoeftes, laat hom weetas jy iets geniet – ’n man se seksuele vervulling kom grootendeels van die feit dat hy voel hy kan sy vrou se seksuele behoeftes bevredig.