#14 Jy wil gesels na seks.

Mans en vroue voel emosioneel verskillend na ’n orgasme. Dit is nie die tyd om met hom te gesels oor hoe die seks was nie. Ook nie oor jou idee om julle slaapkamer ’n nuwe look te gee of vir hom van Brad en Angelina se nuutse aanneming voor te lees nie. Hy wil slaap. Respekteer dit. En selfs al slaap hy nie, wil hy vir ’n rukkie net lê sonder om te dink.