Het jy al ooit aan wonderwerke en jou huwelik in een sin gedink? Jy kan vandag nog begin vra, bid en werk aan wonderwerke vir jou huwelik. Verander die ondenkbare in ’n werklikheid vir jou en jou maat!

Promosie

Lees elke dag die teksgedeelte hardop saam en kyk met verwagting hoe die Skrif elke dag nuwe insigte in jul verstaan bring. Lees dit uit verskillende vertalings en gebruik die gebedswenke om saam daaroor te bid. Maak aantekeninge en merk belangrike gedeeltes soos wat julle aangaan.

Dag 8: Getuig van ’n Geesvervulde huwelik

Delf dieper: Rut 3:1-18.

Promosie

Ds Karel Steyn sê: Die verhaal van Rut gee vir ons raad oor hoe ons ons huwelike moet benader – ons moet in volle vertroue op die Here in ons huwelike optree en lewe volgens die Here se wil. Juis dan beleef ons hoe God wonderwerke in ons huwelike doen. Juis dan sal die Heilige Gees ons oë oopmaak om te sien waar en hoe God in ons huwelike beweeg.

Bid vir: ’n Huwelik wat spreek van God se genade en God se wonderwerke. Bid vir dapperheid en deursettingsvermoë om die wonderwerke te lééf wat Hy in julle geplaas het.

Wonderwerke – klein en groot – is rondom julle. Stel julle in om daarvoor te soek, maar veral ook om dit raak te sien. Die verbintenis tussen twee uiteenlopende mense in ’n huwelik is nie altyd so eenvoudig nie, maar werk daaraan om deur julle geloof en onwrikbare vasklou aan God die beste in jou maat na vore te bring. Deur die genade van God kan enigiets vir julle moontlik wees.

Ds Karel Steyn is ’n leraar by die Gereformeerde Kerk Vredenburg/Saldanha.