Die dae is nog lekker warm, maar ons almal weet winter klop binnekort aan die deur… En alhoewel ‘n paar koeler dae baie welkom gaan wees, weet ons ook daar is ook ‘n paar kieme wat saam met die koeler weer aan ons deure kom klop. Daarom is dit steeds belangrik dat jou immuunsisteem sterk genoeg is om jou te beskerm!
Elke persoon het drie tipes immuunsisteme, naamlik:
Natuurlike immuunsisteem:
Jy word daarmee gebore – dis byvoorbeeld soos jou vel wat virusse en bakterieë blok wat jou lyf probeer binnedring.
Aanpasbare immuunsisteem:
Dit ontwikkel indien jy blootgestel word aan, of ingeënt word teen sekere siektes. As die virus dan weer opduik het jy reeds die teenliggaampies om dit aan te val en dood te maak.
Passiewe immuunsisteem:
Dit word geleen van ‘n ander bron. ‘n Voorbeeld hier is moedersmelk wat aan ‘n baba teenliggaampies gee teen siektes wat die ma reeds gehad het.
Wat beïnvloed jou immuunsisteem sodat dit nie goed funksioneer nie?
Spanning is verseker die grootste sondebok. Verder, ook ‘n slegte dieët en gereelde blootstelling aan siektes. Dit versoorsaak dat jou teenliggaampies en witbloedselle
uitgeput word.
Wat is in Immunadue wat help om spanning beter te hanteer?
Immunadue bevat ‘n bestanddeel genaamd kankerbossie. In kankerbossie is ‘n aktiewe bestanddeel GABA – GABA help om die boodskap van spanning na die brein te inhibeer, dus ervaar jy nie spanning so erg nie. Omdat Immunadue ‘n volledige multivitamien en mineraal is beteken dit al die B-reeks vitamienes is teenwoordig wat ook help met die verwerking van spanning.
Hoe kan my dieët my immuunsisteem help?
Om jou immuunsisteem te bevorder moet jy ‘n dieët met baie groente en vrugte in ‘n verskeidenheid van kleure volg. Omdat Immunadue natuurlik is, word dit beter opgeneem omdat jou liggaam dit sien as voedsel en nie medikasie nie.
Sal ‘n immuunversterker soos Immunadue ook kan help?
Verseker! Elke natuurlike bestanddeel in Immunadue is teenwoordig om te help om jou immuunsisteem te versterk en verskaf verder ook al die vitamienes, minerale en aminosure sowel as antioksidante wat jou liggaam benodig. Immunadue kan help om jou liggaam se pH-vlak te balanseer. Wanneer jou liggaam se pH-vlak nie gebalanseerd is nie, maak dit die deur oop vir siektes en kwale. soos byvoorbeeld: diabetes, artritis, cholesterol en osteoporose. Van ons kliënte met presies hierdie kwale het getuig dat Immunadue ‘n positiewe uitwerking op hulle gesondheid gehad het.
Immunadue is al 20 jaar op die mark en is die topverkoper in natuurlike immuunversterkers, propvol vitamienes, minerale en antioksidante.
Staan ‘n kans om R5 000 kontant te wen met Immunadue!
Om in te skryf, WhatsApp die kode in jou Immunadue 100’s bottel en die woord “Intiem” na 066 400 5505. Die gelukkige wenner sal 1 April 2024 aangekonding word.
Immunadue is beskikbaar by Dis-Chem, Clicks, apteke en gesondheidswinkels, aanlyn by www.immunadue.co.za of deur Takealot.