As julle mik na ’n gemiddeld van drie keer per week, kan jy en jou maat moontlik teen jul 50ste huweliksherdenking ’n totaal van sowat 7 800 katelkaperjolle agter die blad hê! Hiervoor het jy genoeg inspirasie, wenke en idees nodig . . .
Jy mag miskien ’n kietsie van kaliber in die kooi wees en manlief die haan op die hooimied waarop julle so graag rondrol, maar so nou en dan het elkeen ’n bietjie hulp nodig.
Hier is 25 sekswenke wat julle kan inspan om dinge warm te hou:
- Pornografie is fiksie! Vergeet van die posisies wat jy eens op ’n tyd in ’n bloufilm raakgesien het, vergeet van onrealistiese standaarde, oorgroot penisse en vroue wat 17 keer na mekaar ’n orgasme bereik. Dis nie die realiteit nie.
- Hou twéé botteltjies smeermiddel in jou bedkassie se laai. As een in die hitte van die oomblik opraak, is daar nog een byderhand en dít is ’n produk waarsonder geen paartjie kan klaarkom nie.
- Gee jou maat ’n fees vir die oog. Raak strategies aan jouself terwyl jou maat toekyk. Trek jou klere uit, streel oor jou kaal borste, speel met jou hare – genoeg om enige warmbloedige man mal te maak.
- Lag wanneer jy van die bed afrol. Om te lag, is ’n onontbeerlike deel van enige gesonde paartjie se sekslewe – die lewe is te lekker om seks ernstig op te neem!
- Dame, doen jou kegel-oefeninge. Sterk bekkenvloerspiere maak seks soveel lekkerder. Boonop is dit goed vir enige vrou se gesondheid. Doen dié oefeninge deur die spiere wat urienevloei keer, gereeld te knyp – niemand sal eens weet nie!
- Wees oop vir avonture. Dit beteken nie dat jy aan absurde seksuele praktyke hoef deel te neem nie, maar as jou maat ’n kers of ’n ysblokkie by die seksspel wil betrek, kyk wat hy of sy daarmee kan aanvang…
- Skakel die liggie aan. Vergeet van jou selluliet, jou boepie of die bikinilyn wat agterweë gelaat is. In die hitte van die oomblik sien jou maat net jou gloeiende lyf en wat dit aan hom/haar doen!
- Gepraat van bikinilyn… Maak ’n vaste afspraak by jou skoonheidsterapeut. Byvoorbeeld, die 12de van elke maand word vas in jou dagboek aangeteken vir daardie bikiniwaks. En beproef minstens een keer in jou leeftyd ’n Brasiliaanse waks.
- Los die brieke op jou stembande. Seks is ’n sensoriese ervaring en jou gehoor speel ’n ewe groot rol. Bederf dus jou maat deur so nou en dan (as die kinders uitslaap) nie terug te hou as dit by bygeluide kom nie.
- Streef na uitsonderlikheid! Maar berus by dít wat jy nie regkry nie. Veelvuldige orgasmes? Gelyktydige orgasmes? Eksperimenteer gerus daarmee! Maar maak vrede as dit jou nié beskore is nie – of nie dié keer nie.
- Wys jou maat wat jy wil hê! Dit kan jy op verskillende maniere doen. Fluister stoute opdragte in sy/haar oor, of neem sy of haar hand en lei dit na waar jy dit wil hê . . .
- Rek dit uit. Soms moet julle net nie toelaat dat enigiemand of enigiets julle aanjaag nie en daardie uitgerekte, sensuele marathon-seks jul missie maak.
- … en knip dit kort. En met ander tye moet jy die quickie sy plekkie in die son gun. Sommer net daar, in die besemkas – sonder om jul klere eers behoorlik uit te trek.
- Stel ’n seksdoelwit. Maak dit jul missie om minstens een keer per maand/jaar ’n doelwit te bereik. Dit kan wees om minstens vier keer per week die ding te doen, dit drie keer per nag te beproef of net elke maand met ’n nuwe posisie te eksperimenteer.
- Terg mekaar tot op breekpunt. Vir prettige afwisseling, besluit een keer om vir minstens twee weke lank nie seks te hê nie, maar maak dit jou missie om jouself so onweerstaanbaar as moontlik vir jou maat te maak. Terg, flankeer en… retireer.
- Speel lawwe, rowwe speletjies. Dit sluit aan by die vorige wenk. Speel stomstreke – kaalbas! Of Spin the Bottle . . . of Strip Poker. Wat ook al, hou dit prettig en super-stout!
- Praat oor seks – gereeld. Ons praat nie van diep gesprekke oor die waarde van emosionele intimiteit nie, maar sommer net oor dít waaroor jy fantaseer, die stuitige droom wat jy gehad het en die planne wat jy later met jou maat het.
- “Kyk ma, geen hande nie!” Beproef gerus seks sonder om jou hande te gebruik. Jy mag soen, knibbel, skuur, vryf, lek – maar jy mag onder geen omstandighede jou hande inspan nie.
- Moenie jou lippe onderskat nie – span soene in, die soort wat julle gereeld as studente uitgeruil het. Onthou ook dat ’n soen wat goed geplaas is (dink aan plek en tyd) prysloos is.
- Dra die sexy bra. Selfs al wil jy nie! Selfs al is jou Bridget Jones-broekie sóveel gemakliker as daardie ding met die bandjies wat jy in ’n onbesonne oomblik gekoop het. Werk uit watter bandjie kom waar – manlief sal jou vir ewig dankbaar wees.
- Eva, neem die voortou. Dit beteken dat jy nie net die seks inisieer nie, maar ook leiding neem in die slaapkamer. Klim bo-op sy skoot en maak jý die reëls.
- Moenie wag vir die regte oomblik nie. Soms is die beste seks dit wat gebeur in die restaurant se badkamer, in die voorportaal wanneer julle van die werk af kom, in die aantrekhokkie…
- Seks as die haan kraai. Daar is min dinge so lekker soos deur-die-slaap-seks terwyl geeneen van julle al “goeiemôre” gesê het nie. Skuif teen mekaar in die lepellê-posisie en spring weg.
- Wees ’n ewige student. Seks kom nie natuurlik nie, maar as jy ’n bedrewe minnaar wil wees, leer uit jou vorige ervarings (met jou maat natuurlik). Let op na sy lyftaal en maak mental notes oor wat in die verlede gewerk het en wat nie. Lees boeke en vra vrae!
- Adam, stel haar eerste. Om die druk effens te verlig, bestee genoeg tyd aan voorspel sodat jy haar tot op die punt van orgasme kan bring vóór penetrasie. Gebruik jou mond, jou hande en jou tande (ligweg!). Jy behoort nie te sukkel om te klimaks nie en as dit weer met haar gebeur – bonus!
Deur Annelize Steyn
Adissionele bronne: www.lifescript.com, www.refinery.com, www.more.com, www.mensfitness.com.