Author: INTIEM Digitale Span

Wil jy graag ‘n droom troue wen?

Wees deel van die GROOT Troue Skattejag 2019 en volg die padkaart saam met jou verloofde na julle spog-troue toe! Hierdie kompetisie bied nie net weeklikse nuwe opwindende raaisels en pret nie, maar ook pryse! En op die laaste dag, moet daar ‘n diamant gevind word. Die eerste 3 paartjies wat dié diamant vind, staan ‘n kans om hul sprokies-troue by een van die mooiste venues in Gauteng te wen! Skryf in vir die GROOT Troue-Skattejag 2019 gebring deur Wedding Hub SA. Wedding Hub SA is ‘n betroubare netwerk vir jou troudag, onder een dak. Hierdie opwindende initiatief onderskei...

Read More

GRATIS “Date Night” uitnodiging

In ons besige lewens vergeet ons soms om te stop en net mekaar te geniet en wanneer ons weer sien het ons weke laas behoorlik met mekaar gesels…  Gebruik hierdie uitnodiging om jou maat te laat weet dat jy hom/haar mis en net weer bietjie alleen-tyd saam met hulle nodig het! Julle kan self besluit of julle vir hierdie afspraak uit wil gaan of tuis wil bly. Die doel is dat julle alleen is en net weer jul harte teenoor mekaar kan oopmaak! Kliek op die prentjie onder wat jy graag wil aflaai, druk dit uit en vul die res...

Read More

Hoe om weer jou man se girlfriend te word

Jy swaai waarskynlik nie meer jou nommer-32 heupies as jy by hom verbyloop en loer nie meer noodwendig elke keer in die spieël voor jy hom by die deur gaan groet nie. Maar miskien moet jy… Kom ons praat reguit met mekaar. Ná 10 jaar se getroude lewe is die spark waarskynlik saam met die laaste gebreekte stofsuier by die huis uit. As jy moet onthou om toiletpapier en asbliksakke te koop, is rooi lipstiffie nie hoog op jou prioriteitslysie nie en jy bekommer jou nie meer regtig oor wat hy gaan dink van jou frizz nie (die reuk...

Read More

7 Maniere om weer soos pasgetroudes te voel

Dit is heeltemal normaal om weer te verlang na daardie maag-vlinders, die deurnag-gesprekke, die vryery-sonder-einde… Almal waarsku jou en nou het jy dit eerstehands beleef: Die wittebroodsfase kan nie vir ewig duur nie. Na ‘n paar maande is julle gewoond aan mekaar se teenwoordigheid. Julle het mekaar se stories al telkemale gehoor. Hy weet hoe lyk jy met ‘n dik verkoue en sonder grimering. Sy ken al jou liggaamsreuke en jou onvermoë om ‘n nat handdoek op te hang. Natuurlik is dit só dat dinge nie so opwindend gaan wees soos in die begin nie. Tóé het die adrenalien...

Read More

Maand Tema: Wees Opwindend!

Roetine is deel van elke huwelik. Daar is niks fout met roetine en voorspelbaarheid nie, maar elke paartjie smag na opwinding! En elke huwelik verdien dit om lewenskragtig en asemrowend te wees. Soms is dit die klein dingetjies wat die grootste impak het. Werk vandag nog aan ‘n huwelik wat jou asem wegslaan… Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoek nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! Jeremia 29:11 “‘n Huwelik is soos ‘n kar radio, nie altyd voorspelbaar nie, mag nie altyd jou smaak wees nie, maar soms...

Read More

Sluit aan!

Promosie

Marriage Capsule Method: 7 stappe tot ‘n huwelik wat hou! INTIEM se beste produk ooit!

NUUTSTE VIDEOS

Loading...