Podcast (Radio Onderhoud): As ’n mens maar net die vermoë gehad het om te vergeet … maar jy het nie. En soveel mense stap hul huwelik binne met skuldgevoelens oor ’n voorhuwelikse sekslewe wat hulle wens hulle kon uitvee.
Jongmense word gereeld gewaarsku teen die gevare van vigs en ander seksueel oordraagbare siektes. Iemand het eendag gesê: “Daar is nie ’n kondoom vir die brein of die hart nie. So, wanneer jy seks het voor die huwelik, speel jy met vuur wat jou waarskynlik in die een of ander stadium van jou lewe gaan brand … veral in jou huweliksverhouding.”
Redakteur Liezel van der Merwe kuier in die GrootFM studio by Ruben en Charonike. Luister die onderhoud hier (kliek op die blokkie, geen video, slegs klank)
#podcast #GrootFM #huwelike #INTIEM