Wens jy soms jou vrou se brein was soos ’n vis s’n? Gooi lyn in, sy byt en jy trek in… wel, met hierdie paar visvangwenke kan jy nader kom aan ’n begrip van wat sy wil hê!

Promosie
  1. Oorweeg jou aas

LANGS DIE VISWATERS: Shiners is die doeltreffendste as jy wil bass vang in ’n dam. Lewendige wurms is die doeltref­fendste in ’n rivier of stroom.

IN DIE SLAAPKAMER: Jou voorspel is jou beste aas. Vir ’n moeë vroutjie is hulp in en om die huis behoorlike voorspel! Daarna kan jy jou sjarme, jou woorde, jou lippe en jou hande as “aas” gebruik.

  1. Oorweeg die weer

LANGS DIE VISWATERS: Jy moet die wolke kan ontleed. As die lug betrokke is, beteken dit visse moet harder werk om hul kos in die donker water te soek. Om hulle te voer gaan langer neem. Sorg dat die water waarin jy visvang warm genoeg is sodat die visse aktief soek vir kos.

Promosie

IN DIE SLAAPKAMER: Jy moet die wolke kan ontleed! As vroulief ’n moeilike dag by die werk gehad het, trek haar skoene uit en masseer haar voete. As sy in ’n goeie bui is, trek voordeel uit die situasie en druk haar vas teen die muur.

  1. Gebruik geduld

LANGS DIE VISWATERS: Maak seker jy bring hope geduld saam op jou visvang-ekskursies. Dit klink dalk vanselfsprekend, maar as jy te gou gefrustreerd raak en moed opgee, gaan jy niks vang nie. Laat genoeg tyd toe.

IN DIE SLAAPKAMER: Weereens, bring genoeg geduld saam. Hoe meer tyd jy aan voorspel bestee, hoe meer gereed gaan vroulief wees vir ’n heerlike orgasme en hoe meer bereid gaan sy wees om jóú ook gelukkig te maak!

  1. Maak lyn nat!

LANGS DIE VISWATERS: Maak die lyn nat voor jy ’n knoop maak. ’n Nat lyn het minder friksie en laat jou toe om die knoop veel stywer te maak.

IN DIE SLAAPKAMER: Dieselfde wenk as hierbo! ’n “Nat lyn” het minder friksie – trek dus die smeermiddel nader vir ’n lekkerder ervaring!

  1. Moenie die basics vergeet nie

LANGS DIE VISWATERS: Onthou alles wat jy nodig het, afhangende van die plek waar jy vang. Oorsee is dit items soos sonskerm (baie belangrik hier ook!), insekweerder, ’n kompas, ’n flits-lig en ’n selfoon. Hier is dit gewoonlik jou aas en jou bier!

IN DIE SLAAPKAMER: Hier moet jou basics ook reg wees. Dit is daardie eerste dinge waarna jy kyk wanneer jy jul “liefdesnes” betree. Onthou sagte musiek, stoot jou vuil sokkies onder die bed in as jy nie kans sien om wasgoed­mandjie toe te loop nie en tap vir julle ’n lekker bad.

  1. Maak nat jou hande

LANGS DIE VISWATERS: Dit is belangrik om jou hande nat te maak voor jy ’n vis hanteer. Baie visse se lywe is oortrek met slym. As jy jou hande nat maak, sal jy hulle help om die slym te behou – of jy die vis gaan vrylaat of eet, dit hou die vis in optimale kondisie.

IN DIE SLAAPKAMER: Sorg dat jou hande warm en redelik sag is wanneer jy met vroulief werk. Ons praat nou nie van Nivea-sag nie, maar sorg dat jy nie met jou skurwe wintershande oor vroulief se sensitiewe lyf werk nie – veral nie oor haar borste nie!

  1. Doen jou navorsing

LANGS DIE VISWATERS: As jy ’n begin­ner is op die gebied van visvang, sorg dat jy behoorlik navorsing doen voor jy in dié stokperdjie inspring. Daar is honderde boeke op die mark wat jou kan help om jou eerste vis uit te trek.

IN DIE SLAAPKAMER: Lees INTIEM! Selfs al dink jy jy is gesout op die gebied van kooi-kaskenades, is daar altyd nóg iets wat jy kan leer. En as jy wil hê sy moet jou vertel wat ’n goeie Loverboy

jy is, sorg dat jy beslis nie die seksartikels mislees nie!

  1. Kry jou lisensie as jy dit nodig het, en hou by die reëls

LANGS DIE VISWATERS: Wees verant­woordelik en moenie daardie bierblikkies net daar los nie. As jy ’n vis gevang het wat die verkeerde grootte is, laat die vis vry en as jy jou kwota skulpvis versamel het, moenie ’n vraat wees nie.

IN DIE SLAAPKAMER: Hier het jy ook ’n li­sensie nodig! Jou huweliksertifikaat. Tree ook hier verantwoordelik en “volgens die reëls” op. Daar is nie iets soos seksreëls nie, maar jy en vroulief het jul eie “ongeskrewe” perke in die slaapkamer. Moet haar nie dwing of onder druk plaas om iets te doen waarvan sy nie hou nie. Respekteer haar en jy is halfpad daar!

En die belangrikste reël van al­mal – moet nooit na haar verwys as ’n (koue) vis nie!

 

Deur Annelize Steyn
Addisionele bronne: voices@yahoo.uk, mixedmagictheatre.org, empowernetwork.com