Augustus is vrougesondheidsmaand en dit gee ons ‘n goeie verskoning om onsself bietjie te bederf… Asof ons ‘n verskoning nodig het, ne? En nee, hierdie artikel gaan nie oor spa-behandelings en sjokolade nie…
Die realiteit is dat ons as vrouens gereeld ons eie liggame en gesondheid afskeep. Ons is so besig om ma, vrou, dokter, prokureur, polisievrou, juffrou en alles-in-een vir ons geliefdes te wees, dat ons soms die seine wat ons liggame vir ons stuur ignoreer… of los tot “later”. Maar onthou, die gesegde is nie verniet “hoe later hoe kwater” nie…
Het jy geweet dat 75% van alle vrouens met vaginale infeksies sukkel? Dit beteken as jy en 3 vriendinne sit en koffie drink, ten minste drie van julle al die ongemak sou ervaar het, of dalk tans daarmee sukkel.
Hier is ‘n paar wolhaarstories oor vaginale infeksies – ons hoop dit kan vir eens en vir altyd die stigma daarvan uit jou gedagtes neem…
Mite: Vaginale infeksies word altyd veroorsaak deur swak higiëne.
Feit: Hoewel dit belangrik is om goeie persoonlike higiëne te handhaaf vir vaginale gesondheid, kan infeksies vir verskeie redes voorkom, insluitend hormonale veranderinge, seksuele aktiwiteit, sekere medikasies en mediese toestande. Infeksies soos gisinfeksies en bakteriese vaginose kan steeds ontstaan al is jy die skoonste Sannie in Sekunda. Net so kan ‘n oormatige geskrop van jou intieme areas of die gebruik van seep soms ook die natuurlike vaginale pH-balans versteur en tot infeksies lei.
Mite: Alle vaginale infeksies word deur seksuele oordrag oorgedra.
Feit: Hoewel sommige vaginale infeksies deur seksuele oordrag veroorsaak kan word, is hierdie mite beslis een om asblik toe te stuur. Gisinfeksies en bakteriese vaginose kan byvoorbeeld ook ontstaan as gevolg van wanbalanse in die vaginale mikrobioom, hormonale veranderinge of ander nie-seksuele faktore.
Mite: ‘n Behoorlike “gesoak” kan vaginale infeksies voorkom of behandel.
Die praktyk om jou blommetjie met allerhande oplossings uit te spoel of te “soak”, word nie aanbeveel om vaginale infeksies te voorkom of te behandel nie… dis after all nie Ouma Beskuit nie! In werklikheid kan so gespoelery die natuurlike balans van bakterieë in die vagina versteur, wat lei tot ‘n verhoogde risiko van infeksies, irritasie en ander gesondheidsprobleme. Die vagina is selfreinigend en benodig oor die algemeen nie eksterne ingryping nie…
Vaginale infeksies word altyd vergesel deur jeuk en branderigheid.
Feit: Hoewel jeuk en brandsensasies algemene simptome van baie vaginale infeksies is, het nie alle infeksies hierdie simptome nie. Sommige infeksies, soos sekere tipes bakteriese infeksies of seksueel oordraagbare infeksies, mag aanvanklik nie merkbare ongemak veroorsaak nie. Dit is belangrik om te let na enige veranderinge in vaginale afskeiding, reuk of ander ongewone simptome… jy ken mos jou liggaam!
So, hoe gemaak as jy vermoed jy het ‘n infeksie, of indien jy seker wil maak jy loop nie daardie paadjie nie?
Maklik!
Femoxil, een van die wereld se gewildste intieme infeksie medikasies, is nou in Suid-Afrika beskikbaar! Femoxil word al van 2017 af regoor die wêreld verkoop, en is nou ook in jou plaaslike apteek beskikbaar!
Die lekkerte van Femoxil is dat dit beide VOORKOMEND en GENESEND optree, dus is dit ‘n produk wat jy 365 dae in jou handsak behoort te hê! Hoekom wag tot jy deel van die 75% statistiek is, indien jy voorkomend kan seker maak dat jou intieme gesondheid onder beheer is?
Femoxil is die maklike, diskrete antwoord en verlig die algemene simptome van infeksies soos jeukerigheid, swelling, branderigheid, pyn en selfs droogheid.
Al die bestanddele in Femoxil is 100% natuurlik! Een van die hoofbestanddele in Femoxil is aloe vera. Aloe vera het ‘n meervoudige doel: Dit beskerm en herstel, en bied so ‘n natuurlike oplossing vir intieme infeksies. Ja, alle tipe infeksies: swam, viraal of bakerieel!
Boonop is dit so maklik om te gebruik en los dit vinnig op. Femoxil is ‘n vaginale setpil – geen gesukkel met ongemaklike applikators nie. Klein en diskreet, met ‘n lekker “tea tree”olie reuk – higienies en skoon! Dit sal ook binnekort in ‘n gelbuisie beskikbaar wees – hou gerus Femoxil se sosiale media dop vir meer info!
Die produk is al ‘n hele ruk op Amazon beskikbaar, en die terugvoer daar van dames is baie positief, met ‘n gradering van 84%!
Femoxil voldoen ook aan streng Europese gesondheids- en veiligheidstandaarde.
Hoekom is Femoxil so effektief ?
- Dit bied vinnige verligting van pyn, ongemak, jeuk, brand, irritasie, droogheid, rooiheid, swelling.
- Femoxil is ontwerp om die probleem op te los – dit herstel jou intieme pH en bevorder intieme higiëne.
Hoe werk Femoxil?
Die natuurlike bestanddele van Femoxil vorm ‘n beskermingslagie oor die spesifieke (aangetaste) area en dit keer dan die swam, virale of bakteriele infeksie! Beste van alles, dit bied langdurige intieme sorg! Femoxil is veilig, en dit werk vining en uiters effektief.
Die dae van skaam fluister vir jou apteker is verby. Jy het nie ‘n voorskrif nodig nodig nie en kan bloot die pienk boksie met die blommetjie op, op die rak gaan soek. Femoxil het ook ‘n NAPPI kode, wat beteken dat jy dit wel van jou mediese fonds kan terugeis, indien jou dokter dit sou voorskryf.
Waar is Femoxil beskikbaar?
By Dischem en onafhanklike apteke landswyd. As jou apteek dit nie het nie, vra hulle om te bestel!
Onthou Femoxil vir die toekoms… Die pienk boksie met die blom op!
Besoek https://www.femoxil.co.za/ vir meer info!
#promosie