Romanza Stoom publiseer verhale vir paartjies wat getrou is aan mekaar en graag hul sekslewe binne die huwelik of hul verhouding wil opkikker. Die tweede erotiese liefdesverhaal, Hoe om ’n hart te steel deur Didi Potgieter, het pas verskyn. Sluit sommer dadelik aan by RomanzaKlub om seker te maak jy mis nie uit op dié nuutste klein swart boekie nie. Ons kan almal doen met ’n bietjie meer pret en lag in die slaapkamer.

Spesiale korting met RomanzaKlub

Romanza gee maandeliks vier romanses uit en een erotiese liefdesverhaal per kwartaal in die Romanza Stoom afdeling. Sluit aan by RomanzaKlub vir:

  • 2 boeke teen R140, of
  • 4 boeke teen R260.

Om van die korting gebruik te maak, klik hier en sluit aan by die klub.

Koop slegs die titel van jou keuse

As klubs nie in jou smaak val nie, kan jy ook slegs een titel op ’n slag aankoop. Klik hier om die Romanza van jou keuse te koop. Jy kan ook Romanzas by jou naaste boekwinkel koop, maar hierdie opsies is sonder die korting wat RomanzaKlub bied.

Wat gebeur in ons nuutste erotiese liefdesverhaal?

In Hoe om ’n hart te steel deur Didi Potgieter val Milan se lewe binne ’n dag uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Albert du Randt se hulp aanvaar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Albert is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil wegkom.

Albert se lewe is netjies en agtermekaar en hy het reeds die ring gekoop vir iemand wat uitstekend daarin pas. Maar die loskop Milan maak dinge in hom wakker wat eerder slapend moes bly. Toe Milan in die tuinwoonstel op sy erf intrek, help dit ook niks om die effek van haar liggaam op sy sintuie te verdoof nie. Die vonk tussen hulle word vinnig ’n vuur, en Milan wonder of sy ooit ’n man soos Albert se hart sal kan steel. Klik hier om Hoe om ’n hart te steel te koop. Hoe om ’n hart te steel is ook beskikbaar as e-boek – klik hier.

En as jy nog nie die eerste Romanza Stoom-verhaal gelees het nie, is jy in vir ’n lekker bederf. Die kontrak deur Erla-Mari Diedericks sal die temperatuur vinnig laat styg. Klik hier vir meer.

Al die Romanza skakels op een plek:

RomanzaKlub: http://bit.ly/3IcF7Ow

Romanza webtuiste en aankope: https://bit.ly/3XoPgvP

Hoe om ’n hart te steel (sagteband): https://bit.ly/3MbTip2

Hoe om ’n hart te steel (e-boek): https://bit.ly/42l01m4

Die kontrak (sagteband): http://bit.ly/3xc4tpl

Die kontrak (e-boek): https://bit.ly/3xbDkCT

Facebook: https://www.facebook.com/Romanza.klub/

Instagram: https://www.instagram.com/romanza_lapa/

TikTok: https://www.tiktok.com/@lapapublishers

Registreer vir die Romanza Nuusbrief: https://bit.ly/3DmhFun