Hand jobs is gewoonlik een van die minder gewilde tools in ’n paartjie se seks-arsenaal. Maar moenie dit sommer opsy skuif nie – jy en manlief kan vet pret hiermee hê!
HOE VOEL MANS HIEROOR? Daar heers ’n algemene wanpersepsie onder vrouens dat alle mans dink hand jobs is, wel, vervelig. Dit is iets wat hy vir homself kan doen en boonop is hy ’n meester daarvan, want dit is ’n metode van seksuele bevrediging wat hy al vir jare gebruik.
Nou ja, dit is waar dat jy dit nie so goed sal kan doen soos manlief aan die begin nie, maar ’n ywerige student kan selfs haar meester oortref met genoeg oefening en die regte kennis. So voordat jy besluit dat jou man nee gaan sê (of selfs al klink hy nie baie opgewonde daaroor nie), hoor bietjie wat sê die manne wat maar te graag putty in die hande van hul vrouens wil wees:
- ’n Hand job is baie interessanter wanneer jy dit doen as wanneer hy dit self doen. Hy het geen idee wat en hoe jy dit gaan doen nie, terwyl sy eie metodes nou al ou nuus is.
- Daar is baie meer tegnieke wat jy kan gebruik om hom tot ’n klimaks te bring. ’n Goeie blow job behels in elk geval die gebruik van jou hande, so hoekom nie jou hande op hulle eie ook gebruik nie?
- Jy het meer beheer oor manlief se klimaks (jy kan dit uitrek of vinniger laat gebeur), asook hoe en waar hy sy klimaks bereik (byvoorbeeld op jou liggaam of syne, of in ’n kondoom).
- Dit is steeds beter as niks. Indien penetrasie of orale seks om een of ander rede nie moontlik is op daardie oomblik nie, sal mans steeds eerder ’n hand job van hul vrou verkies as om geen seksuele bevrediging te kry nie.
Is dit net geskik vir voorspel of kan dit seks geheel en al vervang? Dit gaan afhang van jou man self. Vra hom bietjie vanaand!
HOE KAN JY MANLIEF DIE HAND JOB VAN SY LEWE GEE?
Die groot geheim van ’n hand job lê in genoeg smeermiddel – hoe meer, hoe beter. Die tweede sleutel is ’n ferm, maar sagte greep – onthou die penis is sensitief, veral aan die voorpunt. Die idee is om sy penis eerder te masseer as te vryf.
Moenie net fokus op die penis self nie. Gee ook aandag aan die kroonjuwele, die kroon (waar die kop die buis ontmoet), die frenulum (die dun riffie wat in die lengte aan die onderkant van die penis loop) en die perineum (die stukkie tussen die anus en sy kroonjuwele). Jy kan dit liggies masseer, streel of lek terwyl jy sy penis masseer, of jy kan jou massering stop en vir ’n rukkie net op hierdie spesiale plekke fokus.
Wissel jou tegnieke af om dit interessant te hou.
Behou oogkontak en glimlag af en toe verleidelik vir jou man. As jy met ’n suur gesig daar sit, gaan manlief dit ook nie geniet nie.
Dra sexy lingerie of jou Evaspakkie om sy bloeddruk op te jaag. Jy is jou man se eye candy, al dink jy dalk nie aldag jy is mooi nie.
Manlief wil graag hoor dat jy sy manlikheid aantreklik vind, so komplimenteer hom oor sy gereedskap en gooi darem so af en toe ’n Yeah baby! ook in.
VYF MAKLIKE TEGNIEKE
- Die vuuraansteker:
Verbeel jou dat jy ’n kampvuur probeer aansteek en dat manlief se penis die stokkie is. Plaas jou hande aan weerskante van sy penis en rol dit heen-en-weer.
- Die ring:
Maak ’n ring met jou wysvinger en duim en beweeg dit op en af. Wanneer jy die bopunt van sy penis bereik, maak die ring toe en laat hom sy pad in squeeze terwyl jy die ring weer af ondertoe laat beweeg.
- Die klarinet:
Neem sy penis in beide hande, jou vingers liggies op die kante van die penis soos wat jy ’n klarinet sou vashou. Terwyl jy vashou aan die los vel van die buis, flick die penis sagkens heen en weer tussen jou hande.
- Die tweeling:
Begin met jou regterhand en gly dit van die punt van sy penis af na die basis toe. Net voordat jou regterhand die basis bereik, neem jou linkerhand en doen presies dieselfde. Hou aan om beide jou hande só af te wissel. Jy kan ook jou hande van onder af boontoe laat gly vir afwisseling.
- Eindelose penetrasie:
In plaas van om ’n ring te maak met net jou wysvinger en duim, gebruik al jou vingers om ’n “vuis” te vorm. Laat manlief sy penis deur die vuis druk en plaas onmiddellik die ander vuis bo-op. Dit sal hom laat voel asof hy ’n eindelose vaginale gang penetreer.
Deur Thalia Brüssow
Bronne: emandlo.com, ideas.thenest.com