Wanneer date night beplan word, kyk ons dikwels vas in die night-gedeelte van die woord, maar ’n laatoggend-ontbyt kan net so romanties wees! Of . . . kombineer die twee. Die kinders slaap in elk geval elders – geen rede waarom jul afspraak Vrydagaand om middernag hoef te eindig nie!

Promosie

Hoe lekker is dit nie om jou maat langs jou te sien slaap en te weet die dag lê uitgestrek voor julle nie. Geen werksverpligtinge of skole-sportdae nie – net julle twee in die bed, met jou maat se arms om jou in jou deur-die-slaap toestand. Iemand het eenkeer gesê oggendseks is soos om sjokoladekoek vir ontbyt te eet – dekadent! En verskeie studies het bevind dat paartjies wat hulle verlekker in seks wanneer die haan kraai, gelukkiger en gesonder is. Juis daarom kan jy vanoggend maar die dieetbeginsels en no carbs-geloof ’n bietjie versaak vir ’n liplekker brunch . . .

TER VOORBEREIDING

Die lekkerte van hierdie spyskaart is dat jou voorbereiding minimaal kan wees. Die hele idee van vandag is dat julle dit luilekker moet aanpak. Tuimel dus uit die bed en trek ’n ligte kamerjassie aan – dis baie belangrik om te onthou dat onderklere vandag heeltemal onnodig en oorbodig is en hoe meer jou kamerjas deurskyn, hoe beter. (O, en onthou om nié die bed op te maak nie.) Hou dit eenvoudig! Al wat jy nodig het, is ’n stoep, ’n klein tafeltjie en twee stoele. Bedek die tafeltjie met ’n ligte tafeldoek, verkieslik wit. (Jy kan sommer ook ’n mooi serp hiervoor gebruik.) En plaas ’n eenvoudige blom uit jou tuin in ’n glaspotjie.

Promosie

SPYSKAART

Voorgereg

Hopelik het julle die meeste van julle voorgereg reeds afgehandel (as julle weet wat ons bedoel . . .) en met die regte voet uit die bed uit opgestaan. Oggendseks stel verhoogde vlakke van IgA vry – dit is ’n teenliggaampie wat infeksie bestry, meen dr Debby Herbenick, ’n Amerikaanse navorsingsassistent en outeur. Dis dus soos om jou vitamiene te drink. Wetenskaplikes sê ook dat ’n uur se seks dieselfde hoeveelheid kalorieë verbrand as ’n 30-minute drafsessie en aangesien julle nou nie vanoggend gedraf het nie . . .

Hoofgereg

’n Noenontbyt bestaande uit:

– Wafel met appel, spek en ’n pikante appelbierstroop.
– Appelbier-Sangria.

Nagereg

Een gestroopte spel Truth or Dare, gevolg deur ’n sexy stort om die oortollige appelbierstroop af te was . . .

 

RESEPTE

Wafel met appel, spek en ’n pikante bierstroop:

Vir die stroop:
125ml suiker
15ml mielieblom
1,25ml fyn kaneel
’n Knippie fyn gemmer
’n Knippie neutmuskaat
’n Knippie “All spice”
’n Knippie naeltjies
250ml appelbier (cider)
15ml vars suurlemoensap
30ml ongesoute botter

Vir die wafeldeeg:
375ml koekmeelblom
30ml suiker
2,5ml bakpoeier
2,5ml sout
190ml karringmelk
190ml melk
125ml botter, gesmelt
3 eiers
1 appel, geskil (pitte verwyder en gerasper)
8 spekskywe, gebraai en gekrummel
Vir bediening: Ekstra appel in blokkies gesny, ekstra spek en uitgedroogde appelskyfies.

Metode:

  1. Manlief, jy kan solank die appelbier-stroop aanpak, terwyl vroulief woeker met die wafels. Plaas die mielieblom, suiker en speserye in ’n mediumgrootte pot, klop die cider en suurlemoensap in. Plaas die pot oor ’n matige hitte en bring die mengsel tot kookpunt sodat dit sag prut, terwyl jy aanhou roer. Verminder die hitte tot laag en hou daar totdat die mengsel effens verdik. Verwyder die pot van die hitte en klop die botter in tot jou stroop ’n pragtige glans het en asemrowend ruik. Hou dit eenkant.
  2. Vroulief, jy kan solank die meel, suiker, bakpoeier en sout in ’n mediumgrootte mengbak saam meng. Klop dan die karringmelk, melk, gesmelte botter en eiers saam in ’n groot mengbak. Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en meng goed, maar moet nie oormeng nie. Roer of vou die gerasperde appel en spek liggies in.
  3. Voorverhit jou wafelpan en spuit liggies met kleefwerende kossproei. Skep die mengsel in die wafelpan en maak die deksel toe. Bak totdat wafel goudbruin aan die buitekant, maar heerlik sag is binne.
  4. Bedien warm met ekstra appelstukkies, spek en ’n goeie skepsel van die bierstroop.

 

Appelbier-Sangria:

1 bottel droë witwyn. Probeer wildekrans se Barrel Select Reserve Barrel Select Reserve Sauvignon Blanc.
2 bottels appelbier, oftewel cider (660ml)
250ml gemmerlim (Ginger Ale)
125ml appel-schnapps
Vir bediening: Vars appel en peer in dun skywe gesny.

  1. Kombineer wyn, appelbier, gemmerlim en schnapps in ’n mooi wynkraffie. Voeg die appel- en peerskywe by.
  2. Verkoel vir minstens 30 minute in die yskas en drink na hartelus!

 

NAGEREG

Julle het vanoggend wakker geword sonder grimering of geborselde tande, en net jou maat weet hoe lyk en ruik jy wanneer jy wakker word – hoe intiem is dít?! Julle is gestroop van klere, die gewig van die dag se gebeure, prioriteite . . . en tog voel jy nie kaal nie. Nagereg begin met voorspel tydens die hoofgereg (jip, dit is ’n mondvol!).

Flankeer met mekaar deur daardie dun klere. Wanneer jy die wafel vir manlief aangee, skuur met jou borste deur die dun satyn-nagrok teen sy rug. Hy kan styf teen jou gaan staan sodat jy sy . . . eh . . . manlikheid deur sý japon kan voel. Raak aan mekaar, loer vir mekaar en sodra julle klaar geëet het, gaan kamer toe met die oorskiet-stroop wat oorgebly het. Dit is tyd vir Truth or Dare! ’n Sexy weergawe van dié oorbekende speletjie . . .

Vra mekaar vrae oor jul sekslewe. Een speler vra die ander een om Truth or Dare te kies. As jy Truth kies, moet jy die vraag – wat ook al dit is – eerlik beantwoord. As jy Dare kies, mag jou maat jou uitdaag om iets stouts aan te vang . . . (stel ’n tydlimiet of stel vooraf vas hoeveel beurte elkeen kry). As jy weier, mag jou maat ’n glasie vol stroop enige plek oor jou lyf uitgiet.

IDEES VIR TRUTH:

  • Wat is jou grootste fantasie in die slaapkamer?
  • In watter rolspel-uitdaging sal jy my graag wil sien en hoekom?
  • Vertel vir my van die stoutste droom wat jy al ooit aangevang het?
  • Vertel my in detail hoe ek aan jou moet raak tydens seks.
  • Wanneer was die lekkerste orgasme wat jy nog ooit gehad het en hoekom?

IDEES VIR DARE:

  • Ek dare jou om my vir drie minute só wild te soen dat my tone krul van plesier!
  • Ek dare jou om vir drie minute tjoepstil te bly lê terwyl ek jou orale seks gee – jy mag nie ’n geluid maak nie!
  • Ek dare jou om sonder klere voor my op Def Leppard se Pour Some Sugar on Me te dans.
  • Ek dare jou om elke sproet op my hele lyf te soen.
  • Ek dare jou om dié nuwe posisie saam met my te beproef . . .

Ná die speletjie is dit tyd vir ’n stort, waartydens julle allerlei sexy dinge kan doen. Of julle kan die stort oorslaan en bloot die taai stroop van mekaar se lywe aflek . . .

 

MUSIEK-VOORSTELLE

*Walking on Sunshine – Katrina & The Waves
*Over the Rainbow – Israel Kamakawiwo’ole
*Cassy O – George Ezra
*Feeling Good – Nina Simone of Michael Bublé

VOG-VOORSTELLE

Sjef Antoinette sê: My aanbeveling vir wyn is ’n bottel yskoue Methode Cap Classsique Rose 2012 van Wildekrans. ’n Sauvignon Blanc sal ook werk, só nie ’n lekker bottel Sangria, wat ook met appelbier gemaak word (sien resep).

 

Addisionele bronne: www.elitedaily.com.