Dit is laat Sondagmiddag en ek groet die paartjie by hulle motor.
Deur hulle trane sien ek ‘n flikker van hoop dat more dalk beter en anders kan wees.
Hulle ry met ander verwagtinge en drome huis toe as waarmee hulle hier aangekom het.
Net voor hulle ry gee die dame my nog een druk en sê – “ek het weer hoop!”.
Hierdie paartjie, Wim en Charmiane, het soos baie ander besluit om op hulle pad, uit seer en verraad, Intensiewe verhoudings terapie te oorweeg.
In my wêreld is paartjies soos hierdie die helde van ons samelewing – pare wat dit regkry om deur diskonneksie, pyn, seer en soms verraad te worstel tot by die plek van weer probeer, weer vertrou, weer glo en weer voor begin.
Die helde van ons tyd is dié huweliksmaats wat nie opgee nie, nie ingee nie, terugdraai, weer in nooi en bly glo in hulle huwelik, al is dit soms moeilik.
Baie pare oorweeg verhoudings terapie as hulle verhoudings in ‘n krisis beland.
Meeste pare beleef egter ‘n frustrasie in verhoudings terapie omdat dit soms weke neem om by die essensie en die ontknoping van die verhoudingsknoop te kom.
Wim en Charmaine het beleef hoe langer die periode tussen terapie sessies hoe dieper groei die seer en hulle wou so gou as moontlik die pyn en seer verstaan en dit stop.
Hulle het twee dae van die werk afgevat en hulle beste tyd en energie bestee om saam met my, ‘n Intensiewe verhoudingsterapeut, te reis na konneksie en intimiteit.
Intensiewe verhoudingsterapie is daarop gemik dat pare onmiddellik in ‘n baie kort tyd hulle verhouding en seer leer verstaan. In ‘n kort tyd het Wim en Charmaine na diep plekke van verstaan en konneksie beweeg wat andersins soms weke sou neem met gewone weeklikse sessies.
Gefokus vir 2 dae het hulle ontdek waarom hulle verhouding soms so seer maak en hoekom hulle sukkel om vir mekaar te gee wat nodig is.
Hulle moes dadelik vir twee dae lank strek na diep konneksie en broosheid.
Die Intensiewe proses het hulle gedwing om vir twee dae bymekaar te stop veral toe die verhouding dit die nodigste gehad het. Wim en Charmaine sou nie tussen werksagendas en kinder verplingtinge so ver kon vorder nie.
In ‘n verhoudingskrisis het pare dit baie nodig om te stop, mekaar se wêrelde te sien en al hulle energie te fokus op die verhouding.
Die doel van terapie was nog altyd konneksie en nie net die oplos van probleme nie.
Konneksie word net gebore as pare lank genoeg saam bymekaar en in mekaar se lewenstories sit. Wim en Charmaine het beleef dat Intensiewe terapie hulle nie net gehelp het om probleme op te los nie maar mekaar weer te vind, te sien en te hoor.
Genesing, verstaan en konneksie neem tyd.
Intensiewe terapie is ook ‘n fantastiese manier om jou huwelik te verdiep.
Die proses kan pare help om van goed na uitstekend te groei.
Wim en Charmaine se laaste woorde: “Alle pare verdien om so lank, so diep, so naby mekaar te sien, te voel en te ontdek dan sal hulle nooit weer alleen voel nie…”
Om in liefde te bly glo is moeilik, maar wanneer ons dit regkry om in geloof weer te spring, sal ons geloof in liefde die diep liefde skep wat ons begeer.
Bly glo in liefde!
Lees meer oor Intensiewe terapie hier www.coupleshelp.co.za/sessions/marriage-restoration-intensives