Vra enigeen met ’n kop vir besigheid wat jou onontbeerlike stap is voor jy jou eie onderneming begin en hy/sy sal antwoord: ’n Sakeplan!

Promosie

Sonder ’n sakeplan maak jou onderneming nie sin nie en raak dag-tot-dag take vaag en lukraak. Jy het ’n plan nodig om die bestuur van jou onderneming so doeltreffend as moontlik te laat verloop. Skribbel jou gedagtes op papier en jy sal jou onderneming beter verstaan om te kan besluit watter rigting dit in watter stadium moet inslaan. Dieselfde met jou huwelik – ’n huwelik is die bestuur van jul lewe saam! Julle voeg jul lewens by mekaar omdat julle voel dat julle beter as ’n vennootskap kan funksioneer.

Jou sakeplan vir jou huwelik werk as volg:

STAP 1: Hoekom ’n “onderneming”?
STAP 2: Praat oor jul visie en missie
STAP 3: Verdere beplanning behels . . .
STAP 4: Let the games begin
STAP 5: Bou jul handelsmerk
STAP 6: Hou die boeke op datum
STAP 7: Influksiefase en kontrole
STAP 8: Groei en uitbreiding
STAP 9: Onthou van spanbou-geleenthede
STAP 10: Die stabiele groeifase

Promosie

Ten slotte is nuwe beleggings noodsaaklik. Vra jouself elke dag hoe jy jou lewe met jou maat kan beter maak. Lees ’n huweliksartikel, doen ’n aanlyn-verhoudingstoets, gee jou maat ’n kompliment, vra jou maat ’n interessante vraag. Sorg dat julle elke dag iets opwindend en spontaan doen. Kweek ’n passie vir jou “onderneming”, waardeer jou maat en jul “ons-heid” sal bly floreer binne ’n winsgewende huwelik!

Hierdie is ‘n uittreksel uit ‘n vorige uitgawe, INTIEM Apr/Mei 2016. Die volledige sakeplan vir jou huwelik word stap vir stap in besonderhede (‘n 3 bladsy artikel!) in bogenoemde uitgawe bespreek. Kry die digitale uitgawe deur die skakel te volg: http://bit.ly/INTIEM_Apr_Mei_2016