Vra enigeen met ’n kop vir besigheid wat jou onontbeerlike stap is voor jy jou eie onderneming begin en hy/sy sal antwoord: ’n Sakeplan!
Sonder ’n sakeplan maak jou onderneming nie sin nie en raak dag-tot-dag take vaag en lukraak. Jy het ’n plan nodig om die bestuur van jou onderneming so doeltreffend as moontlik te laat verloop. Skribbel jou gedagtes op papier en jy sal jou onderneming beter verstaan om te kan besluit watter rigting dit in watter stadium moet inslaan. Dieselfde met jou huwelik – ’n huwelik is die bestuur van jul lewe saam! Julle voeg jul lewens by mekaar omdat julle voel dat julle beter as ’n vennootskap kan funksioneer.
Redakteur Liezel van der Merwe gesels met Ruben en Charonika in die GrootFM studio oor die artikel.
Luister gerus!
(Kliek in die blokkie. Geen video, slegs klank.)