Die ‘Roep’ in RoepTV.com het betrekking op Genesis 3:9: “Die Here God het na die mens geroep!”

Promosie

RoepTV.com antwoord op daardie roepstem. As die eerste Afrikaanse aanlyn Christen TV-kanaal, staan RoepTV aan die voorpunt van Christen media in Suid-Afrika. Dié digitale platform verseker dat die kyker enige tyd en enige plek (wêreldwyd!) toegang sal hê tot gehalte vermaak. Al wat jy nodig het, is jou TV of slimtoestel, hetsy jou slimfoon, tablet, of skootrekenaar. Met ‘Die Waarheid’ as leuse, beloof RoepTV om programinhoud te verskaf wat geskoei is op God se Woord en Christenwaardes. Die span by RoepTV deel die passie om God se Woord uit te dra.

Ons besef nie aldag watter geweldige effek die TV-programme waarna ons kyk en die musiek waarna ons luister op ons geestelike lewe het nie. Dus moet ons meer as ooit tevore op ons hoede wees te midde van die sekulêre media wat onwelvoeglikheid, geweld en sedeloosheid promoveer. Spreuke 4:23 sê juis: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe”. RoepTV maak voorsiening vir die hele gesin, en bied heilsame kinderprogramme aan, asook wonderlike gospelmusiek wat tot elke lid van die gesin se hart sal spreek. Kykers kan uitsien na oorsronklike inhoud wat gespreksinhoud, kinderprogramme, inspererende flieks, bybelstudie, en nog vele meer insluit.

RoepTV is trots Suid-Afrikaans en bied Afrikaanse kykgenot deur middel van werklike stories wat afspeel in ons plaaslike konteks. Kykers gaan hulle kan vereenselwig met die karakters, die kulture, en die verhale wat vertel word.

Promosie

Daar kan ook uitgesien word na top gehalte programme geskep en vervaardig deur hoogs ervare mense in die bedryf, sowel as ‘n rits bekende Suid-Afrikaanse skrywers, sprekers en radio- en TV-persoonlikhede. Verwag optredes deur bekendes wat ons waardes deel en uitleef, onder andere Lindie Strydom, Nico Panagio, Regardt van den Bergh, Rouchelle Liedemann, Frank Rautenbach en Retief Burger.

RoepTV se programinhoud sluit in stories van hoop wat kykers sal inspireer om nader aan die Here te beweeg en meer van Hom te leer. Teen ‘n bekostigbare maandelikse fooi het jy toegang tot ‘n groot verskeidenheid programme, en kan jy soveel keer na ‘n program kyk waar en wanneer jy wil.

RoepTV sal beskikbaar wees vanaf 1 September op www.roeptv.com #BouSaamMetOnsNTVKanaal

Artikel geskryf deur Shanleigh Roux | Karien Basson