Is dit julle huweliksherdenking? Gee vir manlief ’n spesiale geskenk deur jul eerste afspraak/troudag te herleef met behulp van jul vyf sintuie.
Koop vyf bokse/houers. Die grootste van jou geskenke sal die grootte van die boksies bepaal. As jou geskenke baie klein is, sal selfs vuurhoutjiedosies werk, maar as jy dink aan groter geskenke, wat van skoenbokse?
Verf al die bokse dieselfde kleur en maak ’n groot etiket vir elke boks. Op elke boks moet een van die sintuie staan: Sig, gehoor, reuk, smaak, gevoel . . . Wat jy in die boksie sit, is jou keuse, maar hier is ’n paar idees: Sig: ’n Troufoto. Gehoor: ’n iPod met ’n speellys van jul troumusiek/liedjie waarop julle die eerste keer gedans het. Reuk: ’n Sakdoek waarop jy die parfuum spuit wat jy op jou troudag gedra het. Smaak: ’n Kolwyntjie soortgelyk aan jul troukoek.
Pak die bokse/houers almal op mekaar en maak dit aan mekaar vas met ’n mooi lint as geskenk vir jou man.
Deur Annelize Steyn