Jy hou van katte en jou man is ’n hondeliefhebber. Hy dink die plathand is ’n raakvat-dissiplineringstelsel en jy is gekant teen enige vorm van lyfstraf! Wanneer twee individue by mekaar kom in ’n huwelik en sakke sout saam opeet, is oomblikke van koppe-stamp ’n gegewe…

Couples Coaching klink dalk na ’n vreemde begrip, maar dink daaroor: Ons is elkeen geskep met verskillende persoonlikhede, behoeftes en begeertes. ’n Gesonde verhouding beteken dat elke party hul eie, sowel as hul maats se persoonlikheidstyle, perspektiewe en behoeftes kan verstaan.

Couples Coaching maak gebruik van verskillende instrumente en tegnieke om hul verhoudings te versterk en te verbeter. Deur hierdie proses word paartjies:

• … bygestaan om hul eie én mekaar se unieke persoonlikheidstyle te ontdek en te verstaan.
• … daartoe in staat gestel om die verskille in mekaar se persoonlikheidstyle en gedrag waardig te ag en te waardeer.
• … toegerus om verskillende persoonlikheidstyle te kombineer om ’n gesonde en sterker verhouding te kweek
• … toegerus met verbeterde kommunikasievaardighede wat verskillende persoonlikheidstipes kan akkommodeer.

Promosie

Die proses bestaan uit aanlyn evaluasies, gevolg deur een-tot-een ‘coaching’ sessies. Dit kan jou en jou maat help om mekaar beter te verstaan, begrip te he vir jul verskille en sáám ‘n middeweg te vind!

Vir meer inligting, kontak Ciska van Staden by 082 326 0263 of ciska@yellowchapter.co.za vir meer inligting.