Onthou jy INTIEM se immergewilde penis-spa artikel? Dit was ’n stap vir stap instruksie-artikel vir hoe vroulief vir Junior in die privaatheid van jul eie huis kon . . . pamperlang. (Kyk gerus op die skakel https://intiem.co.za/welkom-by-die-penis-spa/) Ons wed jou sedert daardie artikel verskyn het, is jy ’n getroue leser! Wel, dit is tyd om rolle te ruil! (Let wel: Hierdie artikel is nie vir sensitiewe lesers nie!)

Promosie

Jy is dalk nou nie een van daardie manne wat uit vrye keuse op ’n Saterdag by ’n spa sal sit met ’n gegeurde glas lemmetjiewater en ’n paar vreemde hande wat jou bevoel en bevat nie (om nie te práát van die ongemak as daardie paar hande manlik is of enigsins begin laser of waks nie!). Wel, wat sal jy sê as ons jou waarborg dat jy dié behandeling sal geniet – en dat die paar hande aan jóú gaan behoort.

Nuuskierig?

Ons hoop so! Maak jou gereed vir die blom-spa . . . een wat al jou vrou se baie delikate areas behoorlik gaan bederf! Hou op bloos en fokus. Ons dare jou om dié een te probeer!

Promosie

Sluk jou multivitamiene en die energie-smoothie wat soos paddaslik lyk (maar wat vroulief met baie sorg en moeite vir jou voorberei het), want jy gaan dit nodig kry! Sien, die blom-spa is voorspel op steroïede en sodra jy klaar is, sal jy moet bontstaan – in verskeie baie interessante posisies.

STAP 1:

Jou voorbereiding, meneer vingers-vol-talente! Jy moet vooraf besluit wanneer jy vroulief gaan bederf en jy sal al die truuks uit die hoed moet pluk om ’n kinderoppasser te reël. Ja, as dit beteken dat jy jou skoonma moet bystaan in haar water aerobics-klas, so be it. Jy het sowat drie ure nodig en jy moet in vroulief se goeie boekies wees vir maksimum effek. Hoewel . . . as jy nié in haar goeie boekies is nie, is ’n behandeling of vier juis wat die ding gaan doen! As haar erotiese terapeut hoef jy nie veel te dra nie. ’n Kaal bolyf met ’n pajamabroek kan werk, maar as jy nie soos een van ons Springbok-rugbyhelde lyk nie, kan ’n kort, wit kamerjas bydra daartoe dat jy jou rol oortuigend speel.

STAP 2:

Terg haar met ’n lusmakertjie

Gee vir vroulief die volgende spa-geskenkbewys en spareëls. As jy wil, kan jy haar ewe onskuldig laat dink dat dit vir ’n doodeenvoudige kop-en-skouers massering is.

GESKENKBEWYS:

Sertifikaatnommer: (sommer jou selnommer). Hierdie geskenkbewys laat jou kwalifiseer vir ’n gratis “Supergirl” halfdag-spapakket by die Spa van ’n Duisend Moontlikhede (of watter belaglike naam jy ook al wil uitdink), geleë te . . . (jul huisadres) om . . . (tyd). Die geskenkbewys mag nie omgeruil word vir kontant nie en is onderhewig aan beskikbaarheid.

PAKKET-BESKRYWING

Die pakket is bedoel vir kliënte wat op ’n daaglikse basis meer doen as waarvoor gevra word. Daarom bied die pakket ook meer as wat die kliënt verwag. Met u aankoms sal u ’n verwelkomingsdrankie ontvang, waarna u ’n afspoelritueel in die spa se watervalstort sal geniet. Vind ook in die stort die spa se luukse lyfprodukte vir u gebruik.

Die terapeut ontmoet u in die behandelingskamer vir die eerste behandeling. Die Pampered Petals Bevogtigende Ritueel is ’n behandeling wat met hitte die porieë oopmaak en vog in die vel terugplaas met ’n spesiale eksotiese olie.

Hierna volg die Sensual Senses Sensoriese Behandeling, wat u op ’n sensoriese reis neem en die liggaam se toksiene en spanning laat opbou voor daarvan ontslae geraak word. Dit is ’n behandeling wat veral doeltreffend is vir stresvermindering en dit verbeter bloedsirkulasie.

Die Fingers-that-Linger Sensuele Massering is ’n gelokaliseerde massering wat bloedvloei stimuleer en asemhaling versnel om die liggaam tot ’n hoogtepunt te dryf voordat die Tintelising Tongue Treatment van alle opgeboude spanning ontslae raak met behulp van ’n uiters suksesvolle orale tegniek. Die kliënt kan hierna self besluit of sy wil oorgaan na ’n meer intensiewe behandeling (teen addisionele kostes wat deur die terapeut bepaal sal word).

SPA-ETIKET:

  • Wees asb. betyds vir u behandelings en gee 24 uur kennis van kansellasies.
  • Gebruik van die spafasiliteite is op eie risiko.
  • Die spa sal nie verantwoordelik gehou word vir enige onbeplande orgasmes nie.
  • Die spa sal ook nie verantwoordelik gehou word vir ontydige ereksies by die terapeut nie.
  • Geen kinders word toegelaat nie.
  • Gee asb. aan die terapeut terugvoer sodat jou besoek gemaklik verloop.

STAP 3:

Laat haar welkom voel

Die kanse is goed dat jy nie so goed soos vroulief ingelig is oor hoe dinge by ’n spa werk nie. As jy nog nooit een besoek het nie, kan hierdie vir jou soos onbekende terrein voel. Onthou die volgende:

  • Sorg dat die bed skoon oorgetrek is met wit lakens (jy kan die duvet maar opvou en eenkant bêre).
  • Plaas ’n handdoek (ook wit) opgevou en eenkant waarmee jy die dele gaan bedek wat nie behandel word nie (ja, ons weet jy gaan die kleinste een in die kas kies, maar jy mag nie koekeloer nie).
  • Rustige musiek in die agtergrond sal haar help ontspan en as jul spa in die aand is, hou by dowwe beligting.
  • Jy moet “in karakter” wees as sy aan die deur klop. Wees uiters “professioneel”. As jy regtig wil moeite doen, kan jy vooraf ’n stoute vraelys opstel wat sy kan invul oor haar “voorkeure en afkeure”.
  • Ontmoet haar by die slaapkamerdeur met ’n verwelkomingsdrankie (sjampanje werk goed) en ’n lys van die beskikbare behandelings. Sê: “Hier is ’n uiteensetting van u spa-pakket soos deur die geskenkbewys uiteengesit. Lees dit gerus rustig deur sodat u kan weet wat om te verwag.”
  • Vra haar om asb. al haar klere uit te trek en die jurkie/ jassie/kamerjassie/handdoek aan te trek/om te bind, voor jy self die kamer verlaat.

VOORAF:

Sorg dat die stort/badkamer silwerskoon is en lekker ruik met kerse wat brand. Koop vooraf luukse badprodukte (jy kan dit by die supermark, apteek of ’n plaaslike spa koop). Sorg ook dat ’n luukse, oorgroot handdoek buite die stortdeur hang vir haar gebruik, sowel as ’n skoon, getuimeldroogde kamerjas, pantoffeltjies en ’n botteltjie water.

STAP 4:

Laat die aksie begin . . .

  1. Maak die stort se krane vir haar oop en sorg dat die temperatuur reg is voor jy ewe formeel sê: “U kan nou die watervalstort geniet. Trek gerus die japon en pantoffels aan. Ek sal oor tien minute kom kyk of u gereed is vir die eerste behandeling.”
  2. Jy begin met die Pampered Petals Bevogtigende Ritueel. Laat haar op haar rug lê. Trek die handdoek tot bokant haar knieë en knipoog. Dit is hier waar vroulief sal besef jy het iets heel anders in gedagte as ’n standaard spabehandeling. (Let wel: Hierdie behandeling mag net aan die buitekant van haar genitalieë plaasvind.) Gebruik ’n waslap wat in warm water gedoop en uitgedruk is, en plaas die waslap oor haar vulva (jy kan drukking toepas met jou hand). Gebruik nou kokosneut-olie (los die waslap daar) en begin haar bolyf met die olie insmeer. Jy kan by haar hande begin en jou weg opwerk na haar borste toe . . . Haal nou die waslap af en smeer ook haar vulva (slegs aan die buitekant) met die room voor jy haar lyf weer met die handdoek bedek.
  3. Nou neem jy ’n blinddoek en vra vroulief om om te draai en die blinddoek om haar oë te bind. Sê dat jy binnekort terug sal wees vir die Sensual Senses Sensoriese Behandeling. Gaan haal warm koffie, ’n glas met ’n paar ysblokkies in en sorg ook dat jy die volgende byderhand het: ’n Haarborsel (dié soort met knoppies op die punte werk die beste), ’n ou tandeborsel, ’n veer en ’n ligte syserp. Verras haar met elk van jou “speelgoed” na jy haar hele lyf ontbloot het deur die handdoek te verwyder. Nou terg jy haar deur ’n ysblokkie al met haar ruggraat af te beweeg en oor haar boude te laat gly. Streel haar met die veer en die serp en piets haar (baie liggies) met die agterkant van die borsel op die boud. Draai haar om. Nou kan jy die borsel omdraai en liggies oor haar lyf (en borste) met die borsel beweeg. Neem ’n sluk koffie en soen haar vol en onverwags op die mond terwyl jy dit doen . . . hou ewe onverwags op en sê dat jy binnekort sal terugkom vir haar volgende behandeling.
  4. Dit is tyd vir die Figers-thatLinger Sensuele Massering . . . Gebruik ’n goeie smeermiddel hiervoor. Vra haar om haar oë toe te maak en laat haar op haar rug lê. Begin haar bobene masseer en beweeg al hoe hoër op, tot jy haar binnebene masseer en liggies raak waar sy aangeraak wil word . . . Tel nou een van haar bene op en plaas dit op jou skouer, terwyl jy haar binnebeen soen. Nou kan jy die buitenste skaamlippe masseer en liggies aan haar vagina raak voor jy begin met die inwendige massering! Eksperimenteer met wat jy doen, terwyl jy haar reaksie dophou.
  5. Jy kan nou in haar oor fluister dat jy met die finale behandeling gaan begin. Die Tintelising Tongue Relaxation Treatment is presies wat sy nou wil hê! Orale aksie op sy beste! As die ys teen dié tyd nog nie heeltemal gesmelt het van al die hitte in die kamer nie, kan jy dit en die koffie by jou behandeling inkorporeer.

STAP 5:

Wat voorlê, is julle besluit . . .

As haar behandelings verby is, kan julle besluit hoe julle wil voortgaan, maar die kanse is goed dat julle die kinderoppasser sal moet bel en vra of die kinders nog ’n uur of twee langer kan bly!

 

Deur Annelize Steyn