Dit is só ’n eenvoudige idee, maar ons is mal hieroor! Gee jou man sewe dae se “voorskrifmedisyne” vir ’n beter week!
Koop ’n pilhouertjie met sewe vakkies wat kan toemaak. (Jy kry dit by die meeste apteke en dit is gewoonlik in die voorletters van die week gemerk.) Skryf vir hom ’n baie klein briefie vir elke dag van die week en plaas dit in die vakkie saam met lekkergoed.
Pak dit vir hom werk toe in om op sy lessenaar te los: Elke keer wat hy hierna kyk, sal hy glimlag en aan jou dink!
Maandag: Smarties – Wotalotigot! Hoop dié sweeties kleur jou blou Maandag in.
Dinsdag: Tumbles – Jy het holderstebolder in my hart ingetuimel.
Woensdag: Jelly Tots – Love you lots, like jelly tots!
Donderdag: Super C – Hier is ’n bietjie vitamien C – dis amper naweek!
Vrydag: Pepermente – Ter voorbereiding op VRYdag!
Saterdag: Jelly Beans – ’n Paar toorboontjies vir ’n magiese Saterdag.
Sondag: Sparkles – Want jy laat elke dag vir my skitter!
Deur Annelize Steyn