Welkom by # 5 in ons reeks van ULTIMATE Date Nights!
Met trots aan jou gebring deur Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen! Skryf ook in vir hul kompetisie aan die einde van hierdie artikel!
Het jy dalk verlede week se date night gemis? Moenie bekommerd wees nie, hier is die skakel: https://intiem.co.za/ultimate-date-night-nr4/
Op hierdie bladsy:
- Ultimate Date Night # 5 OPSIE 1
- Ultimate Date Night # 5 OPSIE 2
- Nagereg
- WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
- Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
BELANGRIK: Date nights verg beplanning. Tyd. Commitment. Onthou jy die dae toe jy en jou maat nog “geflirt” het? (ons hoop julle doen dit steeds!). Jy het tog sekerlik nie direk van die werk af op jou date gegaan nie? Nee! Daar het baie beplanning ingegaan… en jy het ook seker gemaak dat jy self ook ekstra lekker ruik, lyk en voel!
Die voorbereiding:
- Kies ‘n spesifieke aand uit en skryf dit in jul dagboeke.
- Reel dat die kinders uitslaap indien moontlik, of ten minste by maatjies gaan speel vir ‘n (lang) rukkie!
1. Ultimate Date Night # 5 OPSIE 1
Speel “2 Minute”…
Hierdie week speel ons ‘n speletjie met “date night”. Die speletjie se naam is 2 minute. Wat het jy nodig? Slegs 2 papiertjies, ‘n dobbelsteen en ‘n timer (sommer op jou selfoon). Dit werk so: Stel jul lysies op met nommers 1-5 wat elk korrespondeer met ‘n kledingstuk wat jul elk aanhet. Nr 6 is jou maat se keuse. Maak seker dat elkeen van julle vyf kledingstukke aanhet. Jy kan jou verbeelding hier gebruik! Hier is ‘n voorbeeld van vroulief se kaartjie:
- Swart trui
- Mooi hempie
- Bra
- Jean/broek
- Onderklere
- Sy keuse
Manlief moet eerste die dobbelsteen rol. Die nr waarop dit land, is die nr op jou kaartjie waarvan jy daardie spesifieke kledingstuk moet uittrek. Maar dit mag net 1 kledingstuk op ‘n slag wees, so as jy jou bra moet uittrek en jy het nog jou hemp aan, trek dan die hemp uit, bra uit en trek weer die hemp aan. Daarna is dit jou beurt om te rol en manlief moet dan uittrek volgens die nr wat jy gerol het. As elk ‘n beurt gekry het, stel die “timer” vir 2 minute en dan mag julle vry, soen, vashou ens (net voorspel…!). As die 2 minute verby is, moet elk weer ‘n beurt kry om te rol, uit te trek en dan weer die “timer” stel vir 2 minute. Wanneer albei geen klere meer aanhet nie, het julle ‘n “free pass” om enige iets te doen, die keer is seks ook deel daarvan! Hoe lank kan julle uithou met die 2 minute sessies?
2. Ultimate Date Night # 5 OPSIE 2
Stel ‘n sexy wenslysie op…
Die week se “date night” is om elkeen ‘n “Wish list” te maak met 3 “sexy” dinge wat jy nog altyd wou probeer saam met jou maat. Dit kan ‘n nuwe posisie wees, dalk ‘n nuwe plek… Dalk wil julle bietjie rolspel probeer… wees kreatief! Skryf dit neer op aparte stukkies papier en vou dit op (elkeen s’n gemerk met sy/haar voorletters). Gooi dit in ‘n hoed/bak/sak en skommel dit. Maak dan beurte om ‘n papiertjie te trek en dan mekaar se wense waar te maak (as jy ‘n kaartjie met jou eie voorletters op trek, plaas dit terug en trek ‘n ander kaartjie). Maak ‘n besluit om ten minste een van elkeen se “wense” in die volgende week te laat waar word!
3. Nagereg…
Elkeen van julle moet ‘n verskeidenheid van yummy lekkernye soos grondboontjiebotter, heuning, roomkaas, aarbeie, karamel stroop, poeding, versiersel, ens. versamel, maar moet nie vir mekaar wys wat jul gekies het nie want dit sal die pret bederf! Blinddoek nou jou maat verleidelik en plaas dan ‘n verrassing op jou lyf, net waar jy wil. Jou maat moet dit afl ek en raai wat dit is. Hy/sy moet aanhou lek en raai totdat hulle reg is. Maak beurte tot als geproe is voordat julle mekaar begin proe!
(NS. As jy nie wil hê dat daar ‘n groot gemors moet wees om skoon te maak nie, lê ‘n ekstra laken uit voordat julle al die lekkernye begin proe!)
4.WitWarmWenk en Climux Hulpmiddel
#WitWarmWenk – Moet nooit ophou om jou maat se lyf te ondersoek nie. Jy dink dalk julle weet alles van mekaar, maar maak tyd om op ‘n ontdekkingsreis te gaan van mekaar se lywe. Vra jou maat waarvan hy/sy hou, en ook waarvan hulle nie hou nie. Geniet mekaar!
#ClimuxKanHelp – Daar is wonderlike produkte op die mark wat jou kan help om beter seksuele prestasie te ervaar…
Indien jy of manlief bietjie ekstra energie benodig, is die CLIMUX reeks van produkte daar om te help! CLIMUX Vitalemen gaan hom help met meer energie, beter seksuele prestasie en lewenskrag (KLIEK HIER: https://climux.co.za/products/for-men/vitalemen/) en vir haar is daar CLIMUX Vitalefemme – ‘n aanvulling wat op elke vrou se inkopielysie moet wees… Dis ‘n unieke produk wat ook jou seksuele prestasie en libido kan verbeter. (KLIEK HIER:https://climux.co.za/products/for-women/vitalefemme/). Die produkte is ook beskikbaar by jou naaste DisChem!
Besoek www.climux.co.za vir die volle produkreeks!
5. Wen R1000 vir jou volgende Date Night!
Climux VitaleFemme en Climux VitaleMen gee maandeliks R1000 kontant weg vir ‘n gelukkige paartjie! Gebruik die geld om jou date night ekstra spesiaal te maak! Sodra jy ingeskryf het, neem die webwerf jou outomaties na Climux se webwerf toe – loer gerus na al hul produkte!
Skryf hier in: