Ek is 51 en my man is 56. Hy reken seks is nie alles nie.
Ek glo weer dat dit die gom is wat die huwelik laat werk, veral omdat dit ‘n tweede huwelik is. Hy is geskei – sy vrou het hom verneuk. En sy verloofde het hom ook verneuk. Toe kom ek in die prentjie. Ons is al 5 jaar saam. Hoe laat ek hom verstaan ‘n huwelik het intimiteit nodig?
Peter Edgar, huwelikskenner en -berader, antwoord:
Hierdie situasie kom gereeld oor my pad met die INTIEM Marriage Capsule en ook in my eie beradingspraktyk. Dit is meer kompleks as wat ‘n mens dink en daar is ‘n aantal kwessies wat hier ter sprake is. Die eerste een is dat jou verloofde se eerste vrou hom verneuk het. Of hy dit nou besef of nie, speel dit sielkundig en onbewustelik op sy emosies en gedagtes.
Toe kom jy in die prentjie. Jy verstaan wat gebeur het en watter seer en verraad hy ervaar het. Sodra hy besef dat hy jou kan vertrou en dat jy verstaan hoe erg dit hom beïnvloed het, sal hy begin ontspan… en weer die water begin toets. Jy kan ondersteunend wees deur hom gerus te stel en begrip te toon, en in die klein dingetjies te wys dat hy jou kan vertrou.
Verder, wanneer paartjies hierdie ouderdom bereik, glo hulle dikwels, verkeerdelik, dat die tyd vir seks verby is. Neem dit ook in ag tesame met die situasie wat hierbo bespreek is, en jy sal sien dat dit vir hom ‘n perfekte verskoning gee om dit te vermy.
So, ek stel voor dat julle daaroor praat en vir mekaar verduidelik hoe julle altwee daaroor voel, en maak seker dat jy hom die nodige gerusstelling gee. ‘n Opwindende wending kan wees om die Marriage Capsule-kursus saam te doen – een van die modules hanteer die seksuele sy van ‘n verhouding in diepte en my ervaring tot dusver is dat dit hierdie aspek van die huwelik vir baie ander mense verbeter het.
Kom in kontak met Peter Edgar vir huweliksberading en -ondersteuning. Kliek hier!