Februarie TEMA: STOOK ONBLUSBARE LIEFDE!
Februarie INSPIRASIE: “Strome van water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie.” – Hooglied 8:7
Februarie WAARHEID: Die liefde kan nie net vanself opdroog nie. Die liefde droog op wannneer jy dit nie natlei nie. Om verlief te wees is slegs die eerste fase van ‘n wonderlike groeiproses wat uitvloei in diepgewortelde liefde en later intimiteit. Maar dit beteken nie dat jy nie regdeur jou huwelik op jou maat verlief kan wees nie! Behou die vonk, die passie en die opwinding!