Wat is lekkerder as om wakker te word en te weet die hele dag lê voor, en julle gaan dit in die bed deurbring! Dié ontbyt is energieryk – onthou, julle gaan nie slaap nie . . .
Die voorgereg is vol heerlike, gesonde bestanddele vol voedingswaarde. Die hoofgereg is ’n heerlike variasie op tradisionele gebakte eiers en die drankie . . . wel, om tequila af te sluk saam met jou wekker se lui is dalk meer as waarvoor jy kans sien, maar dit gaan beslis jul inhibisies ontknoop vir wat later kom.
TER VOORBEREIDING
Julle gaan ontbyt in die bed eet, so dekor is heeltemal onnodig. Dink aan groot skinkborde met skinkbordlappies wat jy met vars blommetjies of kruie kan versier. Julle kan alles ook die vorige aand reeds regkry en voorberei, net om dit die volgende oggend bymekaar te voeg en op te dis. Die granola lyk mooi in ’n glasbottel. Jy kan ook die jogurt en heuning in mooi botteltjies opdien.
MUSIEKVOORSTELLE:
- She looks so perfect deur 5 Seconds of Summer.
- Bang-Bang deur Ariana Grande en Nicki Minaj.
- Classic deur MKTO.
- Happy deur Pharrel Williams.
VOG-VOORSTELLE:
Sjef Antoinette sê: “My aanbeveling is ’n lekker vrugtige, maar droë, vonkelwyn of mengeldrankie. Alvi’s Drift en ’n lieflike Cap Classique kan werk, só nie, probeer die Framboos Tequila Sonsopkoms hier onder.”
SPYSKAART
VOORGEREG:
Ontbyt-in-die-bed granola.
HOOFGEREG:
Gebakte eiers.
DRANKIE:
Framboos Tequila Sonsopkoms.
RESEPTE
Ontbyt-in-die-bed granola
160ml kookwater
3 rooibostee-sakkies
625ml gerolde hawermout
80ml sonneblomsaad
80ml pekanneute, gekap
80ml chia-sade
5ml fyn kaneel
2,5ml gemaalde kardemom
80ml klappervlokkies
125ml gedroogde rooibosbessies
125ml goji-bessies
60ml melasse
125ml bruinsuiker125ml klapperolie
Gerasperde skil en sap van drie nartjies
Metode:
- Vroulief, jy kan hierdie resep aanpak terwyl manlief die eiers maak. Voorverhit die oond tot 180°C en laat trek drie rooibostee-sakkies in kookwater.
- Meng die hawermout, sonneblomsade, gekapte pekanneute, chia-sade, fyn kaneel, gemaalde kardamom, klappervlokkies, gedroogde rooibosbessies en goji-bessies in ’n groot mengbak.
- Verwyder die teesakkies en gooi die teewater, nartjieskil en -sap, melassestroop, bruinsuiker en klapperolie oor die hawermout-mengsel. Meng dit goed (dit verg ’n bietjie moeite – manlief kan dalk hier sy spiere pomp!).
- Strooi die mengsel uit in ’n groot oondpan wat uitgevoer is met bakpapier.
- Bak vir 30 minute, maar maak seker jy meng die hawermout-mengsel goed ná elke 10 minute. As dit nie juis van kleur verander nie, kan jy dit vir nog ’n paar minute in die oond los, maar moet asseblief nie begin vry en van die granola vergeet nie (voor jy jou oë uitvee, is dit pikswart).
- Bedien hierdie ekstra-energie granola oor jou gunsteling jogurt. (My gunsteling is dik en romerige Griekse jogurt.)
Framboos Tequila Sonsopkoms
Maak een.
4 frambose
30ml tequila
125ml vars lemoensap
Metode:
- Plaas die frambose in ’n pragtige skemerkelkie-glas – of gaan krap in jou kas vir ’n mooi groot wynglas. Druk die frambose met jou muddler (as jy nie só iets het nie, gebruik sommer die agterkant van ’n houtlepel).
- Voeg ’n paar blokkies ys in jou glas en giet die tequila oor die ys, gevolg deur die lemoensap. Garneer met ’n paar ekstra frambose.
Gebakte eiers
Die geure van die resep is fenomenaal en dit verg bykans geen moeite nie! Maak die sous vooraf en bêre in die yskas. Teen die tyd wat vroulief klaar die skinkbord gepak het en drankies in die glase geskink het, is dié outjies klaar.
14 ryp en rooi tamaties, in kwarte gesny (dit behoort ongeveer een liter puree te lewer)
1 knoffelhuisie, fyn gekap
10ml vars basilikum, gekap
15ml olyfolie
2,5ml vars salie, gekap
125g geurige varkworsies van goeie gehalte
1 wortel, fyn gerasper
30ml roomkaas
30ml room
Sout en varsgemaalde swartpeper
4-6 eiers
Ekstra kaas volgens smaak (gewoonlik werk mozzarella goed omdat dit so maklik smelt).
Lekker brood, soos ciabatta, om dit saam mee te bedien (jy kan sommer die ciabatta as eetgerei gebruik!).
Metode:
- Voorverhit die oond tot 220°C.
- Plaas die tamaties op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en besprinkel met olyfolie, knoffel, basilikum, sout en varsgemaalde swartpeper. Meng sommer so op die bakplaat alles goed met jou hande. Rooster die tamaties vir ongeveer 20 tot 30 minute in die oond, verwyder en laat staan om effens af te koel.
- Voeg al die tamaties in ’n groot mengbak en meng met ’n stokkiemenger tot ’n puree.
- Verhit ’n groot pot oor matige hitte, voeg ’n klein bietjie olie in die pot en druk die vleis van die wors uit die velletjie in die pot. Braai vir ongeveer 6-8 minute. Verwyder die vleis uit die pot, maar voel vry om die vetjies in die kastrol te los. Voeg die salie en gerasperde wortel in die pot en braai vir 2-3 minute. Voeg die vleis terug in die pot, asook die verpulpte tamaties. Gooi ook die roomkaas by en hou aan roer oor die hitte totdat die roomkaas gesmelt is.
- Verwyder van die hitte en roer die room in. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.
- Verdeel nou die sous tussen individuele bakkies en breek ’n eier in elke bakkie. Bak by 200°C vir 15 minute of tot die eierwit net gestol is (moet asseblief nie te lank bak sodat die eierwit hard bak nie, want dan mis jy die punt van die hele dis).
- Bedien onmiddellik saam met heerlike vars brood.
NAGEREG
Ná ete kan julle ’n slapie vang om die kos af te werk, maar opstaantyd kry nuwe betekenis . . . Die idee is om vandag marathon-seks te hê, seks wat vir ure kan duur sonder dat julle moeg word (daarvoor het die granola gesorg) en sonder dat enige party ongemaklik begin raak.
’n Nuwe studie het bevind dat mans, as hulle hul “perfekte dag” voorstel, seks vir vier ure en 19 minute sal wil hê (’n uur meer as die tyd wat hulle graag saam met vriende of familie sou wou deurbring of sou wou slaap).
Só hoe doen jy dit? Jou eerste bestanddeel vir uitgerekte seks is chemistry . . . Tweedens moet julle ’n mate van fiksheid hê. Derdens moet julle ’n paar tegnieke gereed hê sodat dit nie vervelig raak nie en vierdens moet julle bereid wees om te eksperimenteer met verskeie idees! Die nagereg-spyskaart is uitgebrei (en vir die gange is daar geen volgorde nie).
- Hou die smeermiddel byderhand! Vir enige seks wat langer (of korter) as normaalweg duur, gaan julle dit nodig kry. Hou ook vrugte byderhand vir regdeur die dag. Dit bevat natuurlike suiker (vir energie) en is hidrerend – dink aan bessies, piesangs en avokado’s.
- Begin met jou hande! ’n Seksmeester weet hoe om met sy/haar hande te werk. Julle het al die tyd in die wêreld, so ondersoek elke sentimeter van mekaar se lywe. Vroetel, streel, vryf en kielie mekaar van kroontjie tot toontjie.
- Drink baie water! Hou sommer waterbottels langs die bed. En onthou van ysblokkies – nie net gaan dit julle hidreer nie, maar dit is ook wonderlike seksspeelgoed. Vryf dit oor mekaar met jul hande, terwyl jul lippe elders besig is.
- Vandag is die perfekte geleentheid om die 69-posisie te vervolmaak. (Hiervoor lê julle langs mekaar – jou voete by haar kop en haar voete by joune. Dis die enigste posisie waar ’n paartjie gelyktydig orale seks kan gee en ontvang!)
- Jy kan hom byvoorbeeld met twee serpe aan die bed vasmaak en bederf met orale seks. Los hom dan skielik en maak die kamer aan die kant, voor jy terugkeer na hom toe. Die geterg sal hom mal maak, maar die eindresultaat sal die moeite werd wees.
- Probeer elke seksposisie waaraan julle moontlik kan dink!
- As premature ejakulasie ’n probleem is, stop en knyp met jou vinger en jou duim die area net onder die kop van sy penis, sê Ian Kerner, ’n seksterapeut en outeur. Die knyptegniek druk bloed uit die penis en verminder die seksuele spanning tydelik, wat ook die ejakulasie onderdruk.
- Moenie die waarde van middagseks onderskat nie. Navorsing toon dat die beste orgasmes wat vroue rapporteer, tussen eenuur en vyfuur in die middag gebeur het!
- Speel ’n speletjie. Trek ’n bottel wyn nader (of gaan maak gou nog ’n Framboos Tequila Sonsopkoms) en giet ’n klein bietjie in sy naeltjie. Jy gee hom orale seks en hy mag nie ’n druppel van daardie vloeistof by sy naeltjie laat uitloop nie. Maak beurte!
Deur Annelize Steyn