Help! Toe ek en my man drie jaar gelede getroud is, het hy my oorlaai met geskenke. My liefdestaal is geskenke en natuurlik het my beker oorgeloop van al die bederf. Deesdae het hy ’n bietjie laks geraak in daardie afdeling. Hy is baie besig by die werk en sy verskoning is dat hy bloot nie tyd het om vir my geskenke te soek nie. Wanneer hy wél by die winkels uitkom, raak hy heeltemal verbouereerd in die halfuur voor die winkels toemaak in sy soeke na die perfekte geskenk. Ek het simpatie met die tyd-situasie, maar my liefdestenk raak nou baie leeg… ek het vanjaar nie eens ’n geskenk vir ons huweliksherdenking gekry nie.
Eerstens wil ons jou vra of jou man weet dat jou liefdestaal geskenke is? Verstaan hy die liefdestale en die impak wat dit op jou het wanneer hy nie liefde aan jou betoon in jou taal nie? Gaan doen gerus die liefdestale toets… (LiefdestaleToets) Tweedens wil ons jou en manlief bekendstel aan die wonderlike wêreld van aanlyn-inkopies. Ons het simpatie met arme manlief. Om ná ’n besige dag by die werk die winkelsentrums storm te loop en van een winkel na ’n volgende te loop, is uitputtend. En as hy uiteindelik die perfekte stelletjie onderklere vir jou raakloop en moet hoor dit is nie in jou grootte beskikbaar nie, is dit genoeg om enige man ’n mini-tantrum te laat gooi.
Deur te shop op die Internet, skakel manlief al sy probleme uit. Hy kan dit vinnig in sy etensuur doen deur letterlik net ’n vinger te lig (en boonop brandstof bespaar, wat ’n paar ekstra rande vir mooi verpakking toelaat!). Aanlyn-inkopies is nie net gemaklik nie, maar ook koste-doeltreffend deurdat jy met ’n vinnige soektog pryse kan vergelyk. Sommige aanlyn-winkels het wonderlike winskopies, soos www.myperfumeshop.co.za, waar jy tot sowat 40% afslag kan kry op ontwerpersparfuums! Jy spaar dus nie net tyd nie, maar ook baie rande.
Die winkels in ons land sluit redelik vroeg en jou inkopies word beperk tot winkelsentrums waarvan die ure bietjie later is. Met aanlyn inkopies kán hy 24/7 snuffel vir die perfekte geskenk! En omdat daar nie die vier mure van ’n fisiese winkel is waarvoor peperduur huur betaal moet word nie, is die verskeidenheid keuses baie groot op webtuistes soos www.fashionhub.co.za, waar manlief vir jou alles van skoene tot klere en bykomstighede kan aanskaf! (Los vir hom notas of foto’s vir leiding.) As hy ietsie stouts aanlyn wil koop, hoef hy nie ’n kassiere met rooi wange in die oë te staar nie!
As die verskeidenheid té groot is, is daar altyd resensies om hom te help om ingeligte keuses te maak (sonder ’n opdringerige verkoopsassistent wat haar oog op ’n vet kommissie-bedrag het!). Aangesien dit klink asof julle nie sommer saam winkels toe gaan nie, weens manlief se vaste werksure, is dit ’n goeie idee om daarvan ’n lekker couples-aktiwiteit te maak! Julle kan byvoorbeeld saam shop op ’n webwerf soos www.paulaschoice.co.za vir ’n velsorgreeks vir jou en hom en rustig deur die inligting van elke produk lees sonder ’n geïrriteerde klant langs jou wat op die toonbank tik. Jy en jou man hoef ook nie die gefrustreerde paartjie te wees wat in die tou wag nie! Nog ’n oulike webtuiste waar julle kan saam shop, is www.matildas.co.za. Hier sal julle kinky produkte kan aanskaf om julle slaapkamer kaskenades mér opwindend maak met kwaliteit speelgoed en lingerie. Dit word diskreet verpak, so geen rooi wange as die pakkie by jou werksadres aflewer nie!
Een waarskuwing – as julle eers begin met aanlyn-inkopies, maak seker daar is nie ’n limiet op daardie kredietkaarte nie! Van ’n Kersfees-ham by jou naaste supermark, tot by gesondheidsprodukte om jou ekstra woema te gee… jul keuses is eindeloos!
Deur Annelize Steyn