Meng 12 druppels sederhoutolie, 4 druppels laventelolie, 4 druppels teeboomolie, 2 druppels roosmarynolie, 2 druppels lemmetjie-olie en 60ml Jojoba-olie.

Promosie

Masseer sowat 5-7 druppels in die vel onder die baard en wend dit oor die baardhare aan.

Afgesien van die lekker geur, sal dit sy vel en sy baard sag en lewendig laat voel. Dit is veral goed vir ’n nuwe baard (growingupherbal.com). Jy kan ook eksperimenteer met jou eie konkoksies.

Onthou net altyd dat essensiële olies nooit in hul suiwer vorm aangewend moet word nie en eers verdun moet word met ’n basisolie.

Promosie

 

Deur Annelize Steyn