Voel dit soms asof daar nooit ’n Saterdag is net vir julle twee nie omdat die een of ander rugby-game altyd met jul romanse inmeng? Die Rugby Wêreldbeker is hier en is dié date moontlik net die ding. If you can’t beat them, join them.

Dié is nou nie jou tipiese rooi rose en sagte musiek-date nie, maar ons kan jou waarborg dat, as jy vir manlief vertel waaroor dié een gaan, hy sonder skroom aan boord sal wees vir die ligte, humoristiese tong-in-die-kies date! Vir dié afspraak is ’n selfsorgeenheid iewers in die bosveld (maar met ’n TV) die perfekte plek, maar julle kan dit ook by die huis doen. Dis nie ’n driegang-ete nie, maar ’n peuselhappie-spyskaart wat julle sommer in papierborde langs die vuur kan geniet – met ’n bottel lekker wyn of selfs ’n goeie krat craft-bier!

TER VOORBEREIDING

Hou dit super-gemaklik en eenvoudig – soos die manne daarvan hou. Dink: ’n Klein houttafeltjie, kampstoele, blikbekers en -borde. As julle ywerige sport-fanatici is, kan julle selfs jul dekor aanvul met dít wat julle het (dink rugbytruie of ’n Blou Bul-vlag!). As kitch nie vir jou ’n turn-on is nie, sal jy manlief moontlik moet beperk met die inpakkery . . . Dit moet egter nie moeite wees nie en, as julle dit doen terwyl julle vakansie hou, moet dit maklik wees om alles vir hierdie date in te pak en te vervoer.

SPYSKAART

Hoofgereg
Aartappel- en steak-happies
Gebraaide kaas- en broodrolletjies

Nagereg
“Kom ons vier die telling . . .”
 

MUSIEK-VOORSTELLE
*Player 23 – Robbie Wessels
*Shosholoza – Ladysmith Black Mambazo
*Great Heart – Johnny Clegg
*Braai Day, Our Heritage – Die Heuwels Fantasties
*Afrikaners is Plesierig – Karen Zoid
 

VOG-VOORSTELLE
Sjef Antoinette sê: My aanbeveling vir wyn is Wildekrans se Shiraz Barrel Select Reserve 2013 – dit gaan moeilik wees om dit te klop vir ’n vleis-en-vuur ervaring!

 

RESEPTE

Aartappelhappies
700-900g baba-aartappels
60g botter
125ml verouderde Cheddarkaas, gerasper
125ml Mozzarella-kaas, gerasper
1 rooirissie, fyn gekap
2,5ml knoffelsout
2,5ml selderysout
1,25ml gerookte paprika
Sout en varsgemaalde swartpeper
60ml olyfolie
60g botter, gesmelt

Metode:

  1. Voorverhit jou braai met ’n direkte vuur, meneer! Dis mos reg in jou kraal.
  2. Vroulief, jy kan solank die baba-aartappels vir sowat tien minute lank kook. Hulle moenie oorgaar wees nie en hul vorm behou.
  3. Dreineer die aartappels en laat effens afkoel. Neem ’n balletjie-maker en skep soveel as moontlik van die aartappel-vlees uit, maar los ’n effense wand sodat dit nie uitmekaar sal val nie.
  4. Plaas die uitgeskepte aartappel-vlees in jou voedselverwerker, asook die res van die bestanddele (behalwe vir die gesmelte botter) en whiz dit saam. As dit te droog lyk, voeg nog olyfolie by. Die tekstuur moet amper soos deeg wees.
  5. Druk nou die mengsel weer terug in die aartappel-gaatjies wat jy gemaak het. ( Jy kan dit maar oordoen, ons almal het daardie geneigheid!) Plaas in ’n foeliepan wat op die vuur gebruik kan word.
  6. Giet nou die gesmelte botter oor en plaas op die vuur. As jou braaier nie ’n deksel het nie, kan jy die foeliebak met ’n bietjie foelie toemaak. Braai vir 15 minute. Jy hoef dit nie om te draai of te skud nie.
  7. Pak dit op jou opdienbord of eet dit sommer só van die vuur af.

 

Steak-happies
700g steak – Kruisskyf (rump), beeslende (sirloin) of ribeye sal werk
60g botter
Sout en varsgemaalde swartpeper
10ml bruinsuiker
2,5ml fyn komyn
5ml fyn koljander
5ml knoffelsout
60ml vleismarinade van jou keuse

Metode:

  1. Sny die steak in happie-grootte stukkies.
  2. Voeg die helfte van die botter in ’n gietysterpan, plaas die pan op die warm vuur en laat die botter lekker warm word – dit kan selfs begin verkleur (nie swart nie!).
  3. Plaas die steak in die pan en braai vir 3-4 minute lank.
  4. Besprinkel met sout en varsgemaalde swartpeper, asook die res van die bestanddele. Braai vir nog 2 minute en maak seker die vleis word bedek met al die speserye en sous. Jy is welkom om nog marinadesous by te gooi as jy hou van ’n souserige gedoente.
  5. Verwyder onmiddellik uit die pan en plaas saam met die aartappels in ’n opdienbak (of as die aartappels reeds verorber is, eet dit ook sommer só van die vuur af).

 

Gietysterpan-broodrolletjies
Hierdie broodrolletjies werk baie lekker op ’n braaier met ’n deksel, waar jy ’n indirekte vuur kan voorberei, maar kan gemaklik in jou oond gebak word of selfs in ’n platbodem-gietysterpot, waar jy kole bo-op die deksel kan plaas, soos met ’n potbrood – onthou net, in dié geval sal die broodrolletjies ’n bietjie langer neem om te bak.

250ml warm water
250ml warm melk
125ml heuning
1 pakkie kitsgis
125ml botter
7,5ml sout
1250ml koekmeelblom, asook ekstra meel om mee te knie

Metode:

  1. Kombineer die warm water, melk en heuning in ’n mengbak.
  2. Voeg die meel, sout en kitsgis saam in ’n groot mengbak en vryf die botter in die meel met jou vingerpunte.
  3. Voeg nou die vloeistof by die meel en meng goed deur. As die deeg te klewerig is, gooi ekstra meel by. Knie nou die deeg vir 10 minute lank op ’n meelbestrooide oppervlak.
  4. Rol die deeg in ’n groot wors, en sny ewe groot stukke uit die deeg – vorm elk in ’n balletjie.
  5. Smeer die gietysterpan met ’n bietjie botter en plaas die deegballe daarin – nie te naby aan mekaar nie, hulle moet plek hê om te rys.
  6. Laat die deeg vir ’n uur of meer rys en voorverhit jou braai solank tot ’n medium indirekte hitte (of jou oond tot 180°C). Bak vir 20 minute. Maak seker dat die brood klaar is voor jy die gebraaide kaas begin maak.

 

Gebraaide kaas- en broodrolletjies
10ml koue botter
120 spekstukkies
50g chorizo-worsies, in skyfies gesny
2 vars brandrissies, fyn gekap
1 ui, in skywe gesny
3 grasuie, fyn gesny
½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
15ml vars basilika, gekap
5ml vars tiemie, gekap
Sout en varsgemaalde swartpeper
10ml kanola-olie
10ml rissie-olyfolie
500ml Cheddar-kaas, gerasper
250ml Mozzarella-kaas, gerasper

Metode:

  1. Voorverhit die braai tot ’n medium hitte of jou oond na 180°C.
  2. Plaas jou pizza-braaiklip op direkte vuur. Plaas die botter op die klip en smeer effens om orals by te kom. Braai die spek en chorizo’s eerste vir 2-3 minute.
  3. Meng nou die brandrissie, ui, grasuie, rooi soetrissie, vars basilika, tiemie, sout en peper saam, plaas die mengsel op die klip en braai effens. Giet die olie oor en besprinkel met die gerasperde kaas.
  4. Los effens sodat die kaas heerlik smelt (vir ongeveer 4-6 minute). Dis heerlik as die kante so effens crispy word, maar jy kan dit enige oomblik afhaal as dit vir jou reg is. Skuif af van die vuur en trek summier ’n broodrolletjie daardeur.

 

NAGEREG
Beplan julle ete só dat julle net voor die game begin, klaarmaak. Dis ’n fancy dress date, en ons kan jou waarborg dat as jy soos ’n pom-pom girl aantrek, manlief geen besware gaan hê nie! Natuurlik moet hy soos ’n sexy sportster aantrek (as ’n rugbytrui dit nie vir jou doen nie, laat hom soos ’n wafferse Roger Federer lyk). Huur dus vooraf kostuums of sit jou eie een aanmekaar.

(Jy het nodig: ’n Opstootbra, ’n stywe T-hempie, ’n kort A-lyn rokkie, bobby socks, skoene, pom-poms, haarrekkies en linte. En vir hom – ’n kortbroek, T-hemp, kouse, tekkies en ’n pet – afhangende van watter sportsoort jy kies.)

Voor julle afspraak begin, trek aan (onthou die rooi lipstiffie) en doen ’n oulike cheer-dansie met jou uitrusting aan. Fluister in sy ore dat jy graag later die oorwinning saam met hom sal wil vier! Dwarsdeur die ete kan jy met hom flankeer. Loop sodat jou rompie wip en kruis jou bene verleidelik

. . . as hy teen dié tyd agtergekom het het jy het niks onder jou rompie aan nie en steeds na die game wil kyk ná ete (ons twyfel sterk), speel saam. Vir elke punt wat sy span aanteken of drie wat sy span druk, gee jy hom ’n bietjie orale aandag (elke punt kry een minuut se pret!).

En as die opponerende span punte aanteken, tel jy hulle almal bymekaar vir later – jy gaan nie sy volle aandag hê as jy dit in die game opeis nie. En as die eindfluitjie blaas, kan júlle stoeiwedstryd begin!